top of page

Job 3-5


Wanneer jy die gedeeltes lees sal jy agterkom dat Job in sak en as sit. Hy is moedeloos het gehoop dat sy geboorte dag nooit moes gewees het nie. Hy noem selfs is vers 7 dat in daardie nag moes niemand gebore gewees het nie. In ver 13 gaan hy so ver om te sê hy kon rustig in die graf gelê en slaap het.


Jy kon hoor dat hy was in sak en as verwys na 'n misgeboorte wat sonder weer begrawe is, 'n doodgebore kind wat nooit die daglig gesien het. Job vra ook in vers 23 - waarom die lewenslig gee aan 'n man wat vir hom geen pad vorentoe sien nie.


Ek dink daar is 'n paar van ons wat ons kan inleef in dit wat Job ervaar het. Daar is baie van ons wat presies dieselfde voel en ook voel dat daar geen lig in die tonnel is nie.


Maar Elifas kom bemoedig Job in Job 5: 8. - Hy sê vir Job "As ek jy was sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê. Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder. Vers 11 - Dit is Hy wat die vertraptes weer optel, wat uitkoms gee aan die wat ly.


In vers 16 noem hy - So is daar hoop vir die behoeftiges en kom die onreg tot 'n einde. Ek sluit af met vers 19 - Al tref 'n ramp jou ses of sewe keer, Hy sal jou red, selfs 'n hoeveelste keer sal dit jou geen kwaad aandoen nie.


Elifas kom antwoord die vraag wat Job en ek en jy ook so baie keer vra. Hoekom tref al die rampe my. Ek dink die antwoord lê in dat ons die rampe sien en nie vir God in die rampe sien nie. Dit word vir ons duidelik gestel in vers 19 - Al tref 'n ramp jou ses of sewe keer, Hy sal jou red, selfs 'n hoeveelste keer sal dit jou geen kwaad aandoen nie.


Dit gaan ons niks in die sak bring om te wonder hoekom nie. Kom ons vat Elifas se raad aan Job, kom ons wend ons tot God, hy sal die vertraptes weer optel. Wat God doen is ondeurgrondelik, wonder op wonder.



6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page