top of page

Job 6 - Ek weet nie meer nie

Updated: Aug 18, 2023


Die opskrif sê dit sommer als. Job praat weer en die eerste ding wat hy sê is ek weet nie meer nie.. Voel ons nie ook baie keer so nie. Ek weet nie meer nie.


Hoor sy woorde in vers 2 - As my bittere ellende maar nie geweeg kan word, as die ongeluk wat my getref het op 'n skaal gesit kan word sou dit swaarder weeg as die sand van die see. Kan jy die seer is sy woorde raaksien. Baie van ons voel dalk dieselfde. Die finasiële druk, waar die geld vandaag gaan kom om alles aan die einde van die maand die rekening te betaal. Die oproep wat jy van die dokter kry dat daar verdere ondersoeke gedoen moet word wat jou laat twyfel of dit jou einde is.


Job vraag die vraag wat baie van ons dalk ook vra in vers 24 - Help my on te verstaan, dan sal ek stilbly, sê my wat ek verkeerd gedoen het. Vra ons nie ook maar dieslfde vrae nie. Is dit nie iets wat ons dag in en dag uit vir onsself vra nie. Vrae soos , wat doen ek verkeerd, wie het ek te nagekom, hoekom word net ek so gestraf. Ons moet besef dat Satan al hiedie gedagtes en woorde gebruik om ons verder van God af wil verdyf. Hy wil die twyfel binne my en jou kweek om ons te laat twyfel in God.


Job gee vir ons goeie raad in vers 28-29 - Maar kyk nou na my geval, ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie. Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie, besin julle, my saak is reg.


Nou vra ek die vraag af, is my en jou saak reg met God? Dit is dalk 'n vraag wat ons meer dikwels vir mekaar moet vrae.


Ek is oortuig dat as ons meer in gesprek met God kom, meer met hom praat en nie na die duiwel wat die verkeerde gedagtes en selfs woorde in ons mond plaas nie, sal gebeur wat Job vir God vra. In vers 8 gee het vir my en jou die oplossing. Ag mag my gebed verhoor word, mag God vir my gee wat ek begeer.


Wanneer ons meer in gespkrek met God kom en regtig ons harte oopmaak voor Hom, soos Job gedoen het is ek oortuig dat Job se gebed, en my en jou gebed verhoor word. Dit mag dalk nie dadelik gebeur nie, mag dalk 'n jaar vat of selfs langer,maar God sal dit antwoord. As jy die boek Job lees sal jy agter Job deur baie diepwaters gaan maar nog altyd getrou bly aan God.


Kom ons volg Job se voorbeeld, tespyte van die swaarkry, lyding en ongemak in die lewe. Kom ons lewe vir God en die antwoorde sal vanself kom.


My gebd vir jou is dat God jou gebed sal verhoor en vir jou sal gee wat jy begeer.


AMEN



3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page