top of page

Job 7 - Wat is die mens?


Job begin sommer die gedeelte met die vers - Is 'n mens se lewe op aarde nie maar harde arbeid nie en sy dae as 'n dagloner nie.


Kom ons dink bietjie oor ons eie dag elke dag. Ons moet elke dag op 'n sekere tyd wakker gemaak word, werk toe ry. Jy het 'n sekere tyd wat jy moet inval. In die tweede vers praat hy van die lewe is soos die van 'n slaaf. Kom ons weer eerlik, dit is hoe baie van ons voel. Aan die einde van die maand kom die geldjies in en dan sommer net so weer uit. Hy praat ook van nagte wakker lê en en al die nagmerries wat hy kry.


Dit is alles wat in ons lewens gebeur. Maar dan kom hy in vers 11 met die woorde - Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewinge wil ek praat in my bittere lyding wil ek kla.


Job gee hier vir ons baie goeie raad. Ons almal is ook maar, en dalk nog erger, af as Job. Jy kan in sy stemtoon hoor dat hy nie verwyt of vir iemand kwaad nie. In kalmte sê hy ek kan nie stilbly nie, in my beproewinge wil ek praat, en in my bittere lyding wil ek kla.


Dit is vir ons baie makliker vandag want ons kan ons wend tot Jesus en die Heilige Gees wat ons kan bystaan en luister na ons gekla en harde beproewings. Ons moet die gewoonte kweek om oor alles deur die Heilige Gees voor die deur van Jesus neer te sit. Wanneer jy dit doen sal die Heilige Gees berusting bring in jou gemoed om te weet, dat Jesus alreeds aan jou beproewing aandag gegee het. Ons moet nie ophou om te kla nie want dit bring jou nader aan God. Jou gekla gaan later maak dat die Heilige Gees meer in jou sal werk.


Ek sit gister en dink en die woorde kom in my gedagtes op. 'In rekenaar terme, kry jy Gigabytes, Megabites en Kilobytes. En die Heilige Gees sê vir kilobyte (kb) beteken klein blessings, Megabytes (mb) medium blessings en Gigabytes (gb) staan groot blessings.


Ek wil dit hier toepas, waanneer jy nie genoeg tyd deurbring nie (kb) dan gaan jy baie stadige teruigvoer kry want die konneksie is swak maar wanneer jy 'n vinnige konneksie het gaan jou blessings baie groter wees maar ook vinniger. Om by God te kla is baie beter as om geensins met God te kommunikeer.


Kom ons maak tyd vir God al is dit net om te kla.

12 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page