top of page

Job 8 - Sal God die reg verdraai?


Bidad en Job gesels weer en Bildad vra vir Job. Hoe lank gaan jy nog so praat? Jou woorde kom soos 'n orkaan. Sal God die reg verdraai, sal die Almagtige verdraai wat reg is?


Hoor jy hoe Bildad negatief is en geen vertroue in God het nie. Is ons nie ook baie so nie.


Job kom stel dit sommer dadelik reg in vers 5 - As jy na die wil van God vra en die Almagtige on genade vra, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring. Die vermoë wat jy besit het, sal niks wees teen die rykdom wat jy later sal besit nie.


Ek dink lees dit weer. Hoekom vra ek en jy nie nou waar jy hier lees vir vergifgnis nie, verander ons lewens om vlekkeloos te wees en ontvang die grootste geskenk wat ontvang kan word en dit is vergifnis. Hier word nie gepraat van aardse rykdom nie, nee, dis geestelike rykdom. Die rykdom sal niks wees teen wat jy later gaan besit nie.


Ons moet doen wat Job sê in vers 10 - Leer uit wat jou voorvaders gesê het. Hulle het met insig verklaar. Hier word daar ook weer van ons geestelike voorvaders gepraat en ook seker ons aardse voorvaders. Waar sal die insig kry? Daar is net een plek en dit is in die woord van God.


Ek kan name opnoem soos, Dawid, Moses, Elia, Johannes, Lukas, Abraham en nog baie meer. En ek moet ook nie van Paulus, my gunsteling vergeet nie. Ons moet besef dat deur tyd in die woord deur te bring verseker jou gesond huis toe bring, na ons Hemelse huis.


Baie sal seker sê dis te moeilik of ek weet nie hoe nie. Ons kry bemoediging in vers 20 - God verwerp nooit die opregte nie en Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel.



10 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentarios


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page