top of page

Job 9 - Deel 1 Die wysheid en krag van God is groot


Besef ek en jy regtig hoe wys God regtig is. Ons aanvaar dinge net ondat dit daar is. God het alles gemaak, Hy kan enige ites laat gebeur sonder om regtig eers iets te doen. Hy spreek die woord en dit gebeur..


Hoor wat sê Job in vers 2 - "ek weet dit is dis soos jy sê: Wie kan sy saak teen God wen?. As jy 'n saak teen Hom sou voer, sou jy Hom nie eers op vraag uit duisend kan antwoord nie. Die wysheid en krag van God is groot: wie kan Hom teënstaan en niks oorkom nie


As jy die hele gedeelte lees sal jy agterkom daar word baie na die skepping verwys en kom ons wees eerlik met mekaar. Maak nie saak waar jy bly of is nie. Dit bly mooi. Die aarde is 'n goeddeur uitgewerkte plan en is presies soos God dit wou hê. Ons word so maklik te gewoont aan alles wat rondom ons aangaan, waar ons is. Jy is vandag op eenplek en môre weer op 'n ander plek en dan sê jy ook seker, oh dit so mooi plek.


Ons besin te min oor die grootheid van God. Ons moet meer tyd maak om God te dank vir al die wonders wat Hy elke dag aan ons gee. Net om in die oggend wakker te word is alreeds 'n wonder, wat nog van alles wat met jou gebeur. Daar gebeur so baie wonders om ons elke dag en weet julle wat, ons sien dit nie eers raak nie. Job bevestis dit vir ons in vers 10 - Wat Hy doen, is groot en onderdeurgrondelik, wonder op wonder.


Kan ons nie maar ons oë oopmaak en die wonder van elke dag raaksien nie. Wanneer jy die wonder van God raaksien sal die pyn en seer wat ons oor onsself bring nie meer saak maak nie. Ons ontvang elke dag, elke sekonder , 1440 van hulle , 'n wonder bo-op 'n wonder.


Ons moet voorwaardelik vir God opreg dankbaar wees vir die wonders in ons lewens.


Ek dank God vandag vir die geleentheid om my gedagtes, my wonders van Hom, om dit met julle te deel.


Baie dankie God.

13 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page