top of page

Joh 17: 2- 3 Jesus se gebed aan Sy dissipels voor Hy gevange geneem is



DIt is seker die belangrikste gebed wat nog gebid was en ons gaan deur dit werk vir die volgende paar dae. Hou in gedagte dat Jesus reeds vir die dissipels gesê het dat Hy die wêreld oorwin het en dat ons vrede in Hom sal vind.


Jesus bid to God die Almagtige Vader:




[2] U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.

[2] You have given him authority over all mankind so that he might give eternal life to all those you gave him.


Jesus het die volmag oor my en jou, the power of attorney, om besluite te maak aangaande ons lewens. Wanneer jy die volmag geteken het, neem daardie persoon besluit oor jou lewe. Ja die persoon sal in die bestel van jou belange optree, besluite maak en beplannings doen.


God het dit klaar vir Jesus die power of attorney gegee oor my en jou lewe. Ons moet nou aanvaar dat al die besluite, dinge wat in ons lewens gebeur, die beste vir ons gaan wees. Die englese weergawe druk dit vir my so mooi uit, " so that he might give eternal life to all those you gave him". Gaan jy dit aanvaar en die ewige lewe as prys ontvang of gaan jy die volmag teenstaan en anders besluit.


Hierdie besluit is die belangrikste besluit van jou lewe want Jesus het volmag oor:

  • Jou werk (dalk het jy jou werk verloor - Hy het vir jou 'n beter werk met beter vooruitsigte en beter betaling)

  • Jou gesin (dalk is die kinders ongehoorsaam of die huwelik is op die rotse - Hy het die regte raadgewer vir jou, God die Vader)

  • Jou finansies (dalk klop die boeke nie meer nie, daar is baie tekorte - Hy is in kontak met die bank bestuurder - die hemelse bank - jou rente vrye lening is klaar goed gekeur)

  • Jou geestes toestand (Jesus ken die beste sielkundige wat daar beskikbaar is - jou afspraak is reeds gemaak)

  • Jou siekte (Jesus ken die beste chirurg, dis nie 'n algemene chirurg nie, Hy is 'n spesialis)

  • Jou ouderdom (Jesus is in kontak met die beste versorgingsoord denkbaar, jou kamer is klaar gereed gemaak)

  • Jou omstandighede (Jesus het reeds planne gemaak om vir jou beter omstandighede - Hy het altyd 'n plan)

Ons moet die besluit neem of ons die volmag tot sy reg gaan laat kom of nie. Wanneer jy die volmag teken is daar nie omdraai kans nie, nou moet jy net vertrou en glo dat Jesus die beste weet vir jou.


Is jy bereid om die volmag aan Jesus te gee? Dink mooi hieroor na. Dit is 'n groot besluit. Kom ons doen die regte ding!! Daar waar jy nou sit of staan, sluit jou oë en raak net vir 20 sekondes stil en vra vir die Here om jou nou met die besluit te help.


Ek heg vir jou die volmag vorm aan, vul dit is, teken dit en sit dit op 'n veilige plek. Kliek op die volmag.pfd hier onder.





Ek gaan myne in my bybel sit om daagliks herinner te word aan die ooreenkoms wat ek gesluit het.


Dit is nou uit ons hande, ons het die beste raadgewer en bestuurder aangestel wat bestaan. Nou moet ons net in Hom glo en Hom vertrou met alles.


Sy doel is om vir ons die ewige lewe te gee. Dit staan baie duidelik in Joh 17: 2-3.



18 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page