top of page
Writer's pictureGeloof

Jou drome


Dit is vir my so interresante gedeelte om te lees hoe koning Nebukadneser in 'n baie kort tydperk as koning met soveel te doen moes gekry het. In Daniël 2 droom Nebukaneser maar is te bang om iemand te vertel en kry al sy raadgewers en sterrekykers om die droom uit te lê. Wat baie interresant is, is dat hy vertel nie die droom vir hulle nie. Hulle moet sê waaroor hy droom en wat dit beteken. Die raadgewers en sterrekykers is onder geweldige druk want as hulle dit verkeerd het, is dit neusie verby vir hulle. Dit word bevestig met vers 10 ; Die sterrekykers het die koning geantwoord: Daar is geen mens op aarde wat aan u eis kan voldoen nie. Die koning reik 'n proklomasie uit dat die een wat sy droom kan uitlê, al weet hy nie wat die koning gedroom het nie, sal goed versorg word maar as hy dit verkeerd het word hy doodgemaak en nie net hy maar al die raadgewers. Selfs Daniël en sy vriende was gesoek en deel van die groep wat dood gemaak sou word.


Daniël benader die koning se lyfwag versigtig wat die raadgewers moet doodmaak en vra of daar nie uitstel gegee kan word nie. Leef jouself in die situasie in, jy is tot dood veroordeel en vra vir uitstel. Ek dink nie dit sal vandag gebeur nie. Hy vertel sy drie vriende en vra dat hulle tot God moet bid en Hom moet smeek vir genade. God vehoor hulle gebed en Daniël sien die droom in 'n visioen. Wat doen Daniël eerste, hy prys God vir die genade. Hoor hierdie mooi woorde in vers 21: Hy wat tye en omstandigehede kan verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan die wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is: by Hom is die lig.


Is dit verkeerd om drome te hê? Nee, God wil graag hê dat ek en jy moet droom. Ons moet God vertrou en in Hom glo want die drome wat ek en jy het is ook God se droom. Hy is dan so lief vir ons, Hy het sy seun vir ons gestuur om te sterf. Ons moet die raad wat ons uit hierdie gedeelte kry noukeurig volg. Moet nie uit die oog verloor dat hulle reeds die doodsvonnis gekry het nie. Vir ons as mens sal dit beteken, vlug, hardloop weg. Nee Daniël kyk die probleem in die oë en vra dat sy vriende ook moet bid vir God se genade. Net soos God hulle gebede verhoor het sal Hy verseker ook my en jou stem hoor. Dit is belangrik om te indagte te hou dat God wil hê ons moet droom. Hy wil weet hoe ons na die lewe kyk. Hy wil hê ons moet ons prentjie vir Hom skets. Hoor Daniël se woorde in vers 23; U het aan my bekend gemaak wat ons van U gevra het. U het aan ons bekend gemaak wat om vir die koning te sê. Hierdie was 'n span poging.


Die Here sal vir ons ook dieselfde doen. Hy is net so lief vir ons as wat Hy vir Daniël en sy vriende was. Ek vra myself baie keer die vraag af, hoekom maak ons dit vir onsself so moeilik? Vra vir die insig en kennis en God sal dit gee. Hy wat tye en omstandighede verander, sal ons tye en omstandigehede ook vernader sodat ons die regte dinge van Hom sal hoor.


Ek dink nie die Here wil hê ons drome moet klein wees nie, droom groot en die wysheid en insig sal voor jou deur staan. Jy sal die regte mense ontmoet, die regte deure sal oopmaak, planne sal in plek val.


Hoekom wag om te droom? Hoe vinniger jy jou droom voor God neersit, hoe vinniger sal dit waar wees. Dit is een ding wat ons God mee kan vertrou. Dit is met ons lewens, drome. Hy het reeds dit waaroor jy droom in plek gesit, dit hang nou net van jou af.


HERE HOOR ONS STEMME VANDAG. GEE ONS DIE INSIG EN WYSHEID OM OP TE TREE SOOS U DIT BEPAAL HET. ONS IS VOOR U SOOS DANIëL EN SY VRIENDE OM DIE WYSHEID EN KENNIS VAN U TE VRA. ONS WEET NOU DAT ONS DROME DEUR U BEPAAL WORD MAAR OOK WAAR GEMAAK SAL WORD.


HOOR ELKEEN WAT HIER LEES SE STEM EN DROME ONS HERE.


AMEN


11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page