top of page

Jy is deur Jesus aanvaar


Romeine 4:24-25

24 Dit wil ook vir óns verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het. 25 Hierdie Jesus is oorgelewer om ter wille van ons sondes te sterf, en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word.

Een van die aakligste ervarings wat ons baie keer ervaar is om uitgesluit te word. Daar’s dalk ‘n groep seuns/meisies wat jou altyd probeer vermy by die skool? Dalk het die A-Hokkiespan net-net nie plek vir jou gehad nie? Daar’s baie situasies waar ons net nie aanvaarding ervaar nie.

Die nie-Jode in Jesus se tyd het ook uitgesluit gevoel. Die Jode het altyd so vertel van hoe hulle God die ware God was, maar hulle was nie regtig so keen daarop om ander te aanvaar in hulle midde nie. Not cool. Almal het geweet van Abraham en sy groot geloof, maar wat van die geloof van ander mense wat nie Jode was nie?

Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te verstaan dat as gevolg van Jesus – sy dood en opstanding – God almal wat hulle hoop in Hom plaas vrygespreek is (hulle is deur God aanvaar). Jesus het die volmaakte dood gesterf om ons verhouding met God te versterk.

Deur Jesus is jy aanvaar!

Gebed: Here, dankie dat U vir ons Jesus gegee het sodat ons aanvaar kon word. Versterk my geloof daagliks sodat ek voluit in hierdie aanvaarding kan leef.

Uitdaging: God aanvaar ons deur Jesus, maar ons sukkel soms om ander te aanvaar. Maak die week ʼn punt daarvan om iemand nuuts na jou vriende-groepie by die skool/waarookal te nooi.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentarios


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page