top of page

Koffie gesprek saam met Paulus


Die vraag wat ek aan Paulus vanoggeng vra is, Wat gebeur as ek glo?


Net soos ek vir die gemeente in Galasië meegedeel het, doen ek dit vanoggend met julle. 'n Mens word nie vrygespreek deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Chrsitus te glo. Selfs ek het tot geloof in Jesus Christus gekom en is vrygespreek. Geen mens sal vrygespreek word deur dat hy die wet onderhou nie.


Abraham is 'n baie goeie voorbeeld. Hy het bly glo en word tot vandag die vader van alle mense genoem. Jy sal vind in Romeine 4:18 - 'Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”


Ek wil julle graag waarsku soos dit staan in Romeine 9:32 - 'Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel '


My raad aan elkeen wat die boodskap lees is - 'As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. '

ROMEINE 10:9-10


Hou hierdie woorde in jou gedagtes, oordink dit herhaaldelik


“Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.”



0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page