Ek vra dieselfde vraag aan Paulus
Wat gebeur wanneer ons glo?
Kan julle nog onthou hoe ek en Silas in die tronk gegooi is omdat ek die slavin genees het en sy nie meer iets werd was vir haar eienaar nie. Ons klere is van ons afgeskeer en in die tronk gegooi. Ons is geboei en in die agterste kamer opgesluit. Ons het gebid en lof gebring aan die Here. Ons het geglo dat die Here ons omstandigehede gaan verander, wat ook wel gebeur het.
Eweskielik was daar 'n aardbewing en die boeie het afgeval en die die deur het oopgegaan. Die arme wag het so groot geskrik en wou sy eie lewe neem. Ek het hom gestop omdat ons almal nog daara was.
Na al die skok vra die wag vir my, Menere, wat moet ek doen om gered te word? Ek het hom geantwoord: Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Paulus, dit klink nie so maklik nie. Hoe doen 'n mens dit?
In 'n brief wat ek aan die romeine geskryf het, en om presies te wees, Romeine 10:9 verduidelik ek dit baie mooi. As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood uit opgewek het, sal jy gered word.
Matteus stel dit nog beter as ek. Lees gerus Matteus 10:32 Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is.
Ek wil afsluit met die gedeelte in Handelinge 11:14 (ek pas dit aan) Hierdie boodskap is vir jou en jou gesin waardeur jy en jou hele gesin gered sal word. Mag elkeen wat hier lees net met die Heilige Gees gedoop word en die gawes ontvang wat ons ontvang het.
Comments