top of page
Writer's pictureGeloof

Koffie gesprek saam met Paulus



Paulus, ek vra weer, Wat gebreur wanneer ons glo?


Paulus sit en dink terwyl hy aan sy koffie teug. Ek kan sien dat daar iets in sy oë wat hy vir my wil sê:


Ons ontvang die ewige lewe antwoord hy.


Paulus dis baie groot woorde maar is dit werklik so.


Johannes, die liefingsdissipel, seun van Sebedeus het aan die gelowiges wat Jesus as die Messias bely het geskryf. Jesus vertel aan Nikodemus , nadat Nikodemus sê , Rabbi, ons weet dat U die leermeester is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen nie, dit staan in Johannes 3.


Jesus en Nikodemus gesels nog oor baie ander dinge tot dat Jesus vir hom sê. Onthou jy dat Moses het die slang hoog op 'n paal gesit het; so moet die seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. Onthou net God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê.


Nadat Jesus op die water geloop het, het baie mense hom gevolg waar hulle Hom baie vrae gevra het, maar Jesus sluit die gesprek af met die woorde in Johannes 6:40 - Dit is die wil van my Vader, dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê, en ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.


Paulus hoe doen 'n mens dit?


Paulus antwoord, en dit is eintelik baie maklik. Lees Johannes 6:29 - En Jesus antwoord hulle: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.


Vriende, ek Paulus, kan getuig dat dit maklik is om in Jesus te glo. Deur al die ontberings, lystraf en my dae in die tronk, het die pad gelyk gemaak om werklik te besef dat Jesus die weg is. Wanneer jy vir Jesus iets gevra het, glo met jou volle hart dat dit sal gebeur.


Daar staan in Hebreërs 11: 1 - Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie.


Paulus baie dankie vir die lewensverandering inligting. kan ons môre oggend weer koffie drink en gesels oor wat gebeur wanneer ons glo. Ek is oortuig dat daar nog baie is wat jy met ons wil deel.


Met graagte gesels ons môre oor - Ons is vry van ons sonde as ons glo.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page