top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Wat gebeur as ons glo?


Wanneer ek en jy glo, gaan ons in God se rus in. Die word baie duidelik gestel in Hebreërs 4:3 gestel- Ons wat glo gaan wel in die rus in, maar hulle nie, soos God gesê het: Toe het Ek in my troon 'n eed afgelê: in my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.


Dit is baie duidelik uit hierdie verse dat ons eintlik net een pad het om te volg, en dit is deur te glo. Soms vra ek myself die vraag af, hoekom maak ons dit so moeilik vir onsself om te glo?


Wanneer daar sport op die tv is en jou gusnteling span speel, dan glo jy hulle gaan wen. Baie mense maak hulle op, kleur hulle hare en maak baniere wat wys vir watter span hulle skree.


Hoekom is ons nie ook so wanneer dit by godsdiens kom nie. Vir my is daar geen verskil nie. Die teleurstelling is altyd baie groot as jou span nie wen nie, maar jy bly nogsteeds vir hulle skree.


Kom ons definieer net weer geloof - OM TE GLO, IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP, OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE. (HEB 11:1)


Ek dink ons almal, myself inkluis onderskat hoe groot rol geloof in ons lewens speel. Wanneer iets waarin jy geglo het en dit het plaas gevind, is dit omdat dit God se wil is, maar wanneer dit die so uitwerk nie, is ons geneig om afvallig te raak en dalk minder te glo of glad nie vir God meer vertrou nie.


Daar is seker 8 biljoen mense hier op aarde waarvan baie deur die selfde gaan as wat ek en jy gaan. Dinge werk nie uit nie en ons blameer God daarvoor. Jy kan ook nie net in God glo as dit jou pas nie. Ons moet leer om God in alles te vertrou, groot of klein.


Wanneer ons God met die klein dingetjies vertrou sal die groot dinge vanself plaas vind. Dit is 'n bewys dat God jou vertrou met die klein dinge en Hy weet Hy kan jou met die groot dinge vertrou.


Wanneer ons twyfel raak ons so gou afvalling en die gevaar wat ons loop is om soos die skrywer dit in Heb 3:11sê - Toe het Ek in my troon 'n eed afgelê: in my russal hulle beslis nie ingaan nie.


Net in die volgende vers se die skrywer: Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerdegesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.


Ek glo dat die volgende vers die rede is hoekom ek nou weer saam Paulus sit en gesels. Dit is ons albei se opdrag aan elkeen wat hier lees. Heb 3:13 - Maar solank daar'n "vandag" is, moet julle mekaar dag aanspoor sodat niemand van julle deur misleiding van die sonde verhard word nie. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.


Mag hierdie paar woorde vir ons almal 'n aansporing wees om ander aan te spoor en hulle deur jou doen en late, jou geloof in God, terug te bring na God se pad toe.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page