top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, wat gebeur as ons glo?


Wanneer julle glo, het julle vrye toegang tot God.


In die brief wat ek vir die Efese geskryf het, het ek juis dit met hulle gedeel. Dit was my plig, en ook jou plig om gelowegis aan te moedig om in God te glo. Hoor hoe mooi het ek dit aan hulle gestel in Efesiërs 3:12 gestel -In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.


Ek dink, raak net so 'n oomblik stil en deurdink hierdie een vers. Besef jy nou dat daar geweldige krag in geloof in God lê. Dit is nie moeilik nie, jy hoef nie eits te doen nie. Daar kom nou twee verse by my op en dit is Efesiërs 2:18-19.


Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. Net in die volgende vers kom sê ek vir elkeen wat hier lees die volgende. Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges maar lede van die huisgesin van God.


Nou dat ons weet dat ons deel is van God se huisgesin moet ons optree soos daar geskrywe staan in Herbieërs 4:16 - Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en op die regte tyd gered word.


Ek dink dit moet my en jou opdrag wees vandag. Ons almal weet dat Jesus vir ons gesterf het, die bloed van Jesus gee ons vrye toegang tot die heiligdom.


Vriende julle moet ophou om een te wees met die aardse dinge. Soek God in alles, groot en klein, en julle sal die Gees, Hemelse vrymoedigheid ontvang. Vir my loop vrymoedigheid en vertoue hand aan hand saam. Dit is maklik om te sê ek gaan met vrymoedigheid na God maar dit is 'n ander storie om met vertroue na God te gaan.


Ek dink dit is dalk 'n probleem wat ons almal het en ons sal daaraan moet werk. Die lewe gaan soveel makliker en lekkerder wees as ons, ons vertroue in God versterk.


Die vraag is nou, hoe doen 'n mens dit?

Johannes Markus my vriend het in die brief wat hy geskryf het aan die Christene in Rome die volgende raad gegee. Markus 11:18 - Daarom sê ek vir julle: Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit ontvang het, en dit sal vir julle so wees.


Daar het ons dit vriende, gebed is die sleutel tot vertroue en vrymoedigheid is die vrug van vertroue.



0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Commentaires


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page