top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus wat gebeur as ons glo?


Goeie môre my vriende. Wanneer ons glo begin die woord van God in jou werk.


Ek het baie jare gelede 'n brief aan die gemeente van Tessalonisense geskryf en in 1 Tess 2:13 van jy vind dat ek die Here gedank het dat die boodskap wat ek gebring het dat julle dit ontvang het, wat julle gehoor het en aangeneem het met die oortuiging dat dit nie my woorde was maar dat julle dit aanvaar het dat dit van God af kom maar ook dat julle dit glo.


Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys. 1 TESSALONISENSE 2:13


Ek wil vanoggend kom maak soos ek baie jare gelede gemaak het en ek wil die Here dank in my gebede en Hom net weer te herinner aan die werk van julle geloof, en die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. Ek is oortuig daarvan dat die evangelie wat ons aan julle verkodig het is net woorde nie, maar is deur die krag van die Heilige Gees. Julle het ons voorbeeld gevolg en volgeling van die Here geword in moeilike omstandighede die woord van God aangeneem met die blydskap van die Heilge Gees. Deur dit te doen het julle 'n voorbeeld geword vir ander.


'Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. '

1 TESSALONISENSE 1:2-3


Ons moet besef dat die woord van God kragtig in ons sal werk wanneer ons in geloof tot God nader. Die Heilige Gees sal beheer van jou lewe kom oorneem en jou dink en doen wyses kom verander. Die Heilige Gees sal jou gedagtes so rig dat jy God se stem sal hoor.


Die lewe is nie maklik nie, finansie druk, siekte is dalk by jou gediagnoseer of jy het dalk iemand verloor, weet net dat God altyd daar is wanneer die Heilge Gees in jou werk.


Ons almal het dieur die COVID episode baie verloor maar ek kan getuig dat baie, baie beter af is as voor COVID. Die Here het lewe so vernader dat ek nou in 'n posisie is waar ek vir myself werk, my eie ure bepaal, finansiël baie beter af is. Ek kan tyd maak vir my gesin en dalk 'n middagslapie vat.


Die Here werk anders met elkeen van ons. Die Heilige Gees het my vanoggend wakker gemaak om hierdie idees met julle te deel. Hierdie gedeelte wat ek vanoggend skryf is 'n getuienis dat die woord van God deur my werk, net soos Paulus dit hierbo met ons kom deel het.


Ek nooi julle uit om die gedeelte met ander te deel want dit kan net die vonk wees wanneer die woord van God deur jou begin werk.




0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page