top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus wat gebeur as ons glo?


Wanneer jy glo ontvang jy die sekuriteit van God se krag


My goeie vriend Petrus het in sy brief wat hy geskryf het aan die gelowiges in Klein-Asië in die provinsies Pontons, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.Hy begin die brief met die volgende woorde - Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.(1 Petrus 1: 2)


Dan kom ons by die vraag wat julle gevra het. Hy stel dit baie duidelik in vers 5 - En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Besef ons wat glo dat God elke dag ons bewaar en dat die saligheid en vreugde reed gereed is.


Johannes stel dit ook baie mooi in Johannes 10:28-29 - Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.


Jesus antwoord die Jode nadat hulle die vraag vra - Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou?


Ek dink wat Paulus vir ons kom sê is dat wanneer jy glo, is God die sekuriteit, maak nie saak hoe groot of sleg jou posisie is nie. God is daar. Ons weet dat geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop maar om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie.


Ek lees nou uit die nuwe lewende vertaling en dit word in praktiese terme uiteen gesit - En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word. Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.


Kom ons weer eerlik dat almal van ons daagliks met iets worstel en die antwoord lê in jou geloof. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word. 1 PETRUS 1:7


Hoe gelowig is jy?

Glo jy werklik in God?


Dit is dalk twee vrae wat ek en jy onsself moet afvra. Die tweede gedeelte van 1 Petrus 1:8 beskryf geloof so mooi; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie.


Het jy al so gevoel? Dit is wat geloof is, daardie warm gevoel in jou hart wat jy nie kan beskryf nie. Kom ons streef daarna om daardie gevoel te beleef.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page