top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen?


Geloof is die een van die belangrikste aspekte van ons bestaan. My raad aan julle is lewe deur die geloof.


Op my derde sending reis na Korinthe. Dit word so mooi gestel in 2 Kor 4:16- 18 - Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.


Die lewe vandag is nie maklik nie, daar so baie seer, druk en moedeloosheid in almal van ons lewens. Al gaan dit dalk uiterlik sleg, innerlik, deur geloof, is daar vrede, vrede wat nooit sal vergaan nie. Dit is nie aldag maklik nie maar weet net dat daar waar die Here is, is verede. Leer jouself om die Here in die oomblik te sien. Dalk is dit finansies, siekte of hartseer. Sien die Here daarin raak want wat Hy beplan het is baie beter as wat jy ooit aan gedink het.


Het dit ook al met jou gebeur as jy in die winkel staan en en jy weet dat die bedelaar buite die winkel het gevra vir'n brood, en jy het hom nee geantwoord maar in die winkel kom daar vrede oor jou en koop dan die brood vir daardie persoon. Dit is waar jy die gevoel van vrede oor jou kom. Dit is wat geloof aan jou doen. Jy het self nie die fondse nie maar jy koop die brood.


Ek het nou die dag na 'n getuienis geluister waar 'n vrou se baas haar gevra het om iewers heen te ry en sy weet voor haar siel dat daar nie genoeg brandstof in haar motor is om na werk huis toe te ry nie, maar sy het bly glo dat dit sal ok wees. Om 'n langstorie kort te maak, die volgende oomblik kyk sy op haar foon en sien dat daar R300 in haar rekening in betaal is van iemand wat lank gelede haar dit geskuld het. In teendeel sy het al vergeet van die R300. Dit is hoe God werk.


Sy het geglo dat dit ok gaan wees en sy was ok. Ons leef te veel in die wêreld, sien alles deur ons aardse oë. Ek het ook aan die Galasiërs geskryf en dit beskryf hoe ons regtig moet lewe. En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. GALASIËRS 2:20


Onthou ons is vrygekoop deur die bloed van Jesus, en dit te danke aan Hom wat ons in geloof kan lewe. Ek het ook


Ek het ook aan die Christene in Rome die volgende gesê - Romeine 8:10 - Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.


Christus Jesus lewe in ons deru die Heilige Gees. Gaan doen vandag moeite en raak stil en luister na die Heilige Gees.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

留言


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page