top of page

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen?


Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur die Heilige Gees, daartoe gelei het dat baie mense gelowig geraak het dat dit teen 'n baie groot tempo gebeur het.


Om terug te kon na die vraag wat jy gevra het, wat moet ons doen as gelowiges? Lukas kom en sê vir ons in Handelinge 14:22 - Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. Ons sal deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koningkryk van God kom.


Net soos Barnbas baie bly was toe hy in Antiogië gekom het en gesien het hoe God se genade onder hulle gewerk het, het hy hulle aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly (Hand 11:23)


Ek, Paulus en Barnabas het in die sinagoges met die mense gepraat, het baie mense tot bekering gekom. Ons het hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou.

(Hand 13:43)


Ek het ook 'n brief aan Timoteus geskryf om hom te bemoedig en om hom te leer. In die laaste opdrag aan hom, het ek hom bemoedig en geloof dat hy my gevolg het in my lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding, in vervolging en ontberings, soos dit gebeur het in al die plekke waar ek gereis het.


Ek noem net aan julle, soos ek met Timoteus gemaak het. Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe sal ook vervolg word. Maar julle moet bly by wat julle geleer het en wat julle glo. Dit kan julle nog meer kennis gee wat tot verlossing lei deur die Geloof in Christus Jesus.


God het vir ons die bybel gegee om ons te inspireer en het groot waarde om ons te onderig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek sodat ons volkome voorbereid en toegrus sal wees vir elke goeie werk (2 Tim 3: 10-17)


Vriende mag hierdie paar verse jou vandag aanspoor om getrou te bly in geloof. Soos ek, Paulus, deur baie diep waters moes gaan, kan ek getuig dat elke oomblik die moeite werd was. Wanneer jy dalk vadag deur 'n verdrukking gaan of dalk nie weet watter kant toe nie, bly glo en wees verseker dat dit wat jy deurmaak, nie die einde van die wêreld is nie, maar dat jy een stappie nader aan God is en dat jy vas glo dat Hy jou sal help.



6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Kommentare


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page