top of page

Koffie gesprek saam met Paulus - Benader alles deur geloof

Paulus moet ons as gelowiges doen?


Benader alles deur geloof


Wanneer ons onsself kan leer om alles deur geloof te benader gaan ons by 'n punt kom waar ons geloof versterk en groei. Een van die mooiste en belangrikste hoofstukke in die bybel vir my is Hebreërs 11. Nou vra jy hoekom.


Dis eenvoudig, die hoofstuk begin met wat geloof is en daar is soveel voorbeelde van ander mense wat hulle geloof uitgeleef het. Ek wil stilstaan by Hebreërs 11: 33-39 - 'Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot 'n beter lewe deelagtig word. Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe. En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, '


As jy deur die gedeelte lees is daar so groot spektrum van dinge wat gebeur het en tog was geloof die sleutel in alles. Ons gaan ook deur so baie in die omgekeerde wêreld waarin ons leef en daarom is dit belangrik dat ons lewenswyse moet van geloof kan getuig.


Paulus, kan ek getuig oor my geloof? Baie jare gelede het ek een oggend vroeg wakker geword, nee ek dink dat die Here my wakker kom maak het, want ek glo hy het 'n opdrag vir my. Ek het die bybel oop gemaak en hier lê Hebreërs 11:1 voor my. Daar ontstaan die facebook blad @gloingod. So is dit nou my manier om te deel wat ek ontvang. Daar kom tye waar die wêreld 'n mens weer insluk en dalk te besig raak dan gebeur dit weer dat die Here net weer kom en sê, hier is 'n boodskap wat ek wil hê jy moet deel. Net soos hierbo staan ontvang 'n mense krag wanneer jy swak is. Dit is dan wanneer die Here kom en krag voorsien om weer aan die werk te spring en te luister na wat God gedoen wil hê.


As ek sê benader alles deur geloof bedoel ek maak nie saak hoe groot of hoe klein dit mag wees nie, pas geloof toe. Dit beteken, om seker te wees van die dinge wat ons hoop en om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is regtig nie moeilik nie. Ek dink daar word te veel gefokus op wat kan verkeerd gaan, of wat gaan gebeur, as om te glo. Ek dink dinge word oordink. Daar is 'n sê ding, let go - let God. Ons moet weet dat God is in beheer, dis dalk nie hoe jy dit sie nie maar dit is sy wil. As jy iets vir God gegee het is dit reeds hanteer. Daar is soveel voorbeelde in die hoofstuk, lees dit gerus, en kry aansporing by die baie voorbeelde. Net om een te noem, Lasarus is uit die doog uit opgewek.


Dit is nie iets wat vanself gebeur nie, dit kos inspanning en tyd saam met God. Vra God om jou hart en gedagte te rig op Hom. Die Heilige Gees sal oorneem en jou op 'n wonderlike journey vat wat jou lewe sal verander. Daar staan geskryf in Hebrëers 11: 6 (b) - Wie tot God nader, en glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat na Hom soen, beloon. Maar in die selfde vers (a) gedeelte staan daar; as 'n mens nie glo nie is dit onmoontlik om te doen wat God wil.


Benader alles in geloof

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page