top of page
Writer's pictureGeloof

Kom ons bid Suid Afrika - 25 Julie 2020 om 10H00


Die Here het dit op my hart gelê om, almal in Suid Afrika, op te roep om, Saterdag 25 Julie 2020 om 10H00, saam te bid vir ons land.

Kom ons "share" dit met al ons vriende en kontakte, op sosiale media en verheerlik die Naam van Jesus. Kom ons vergeet van ons eie probleme, ons eie “issues” en fokus vir 20 min op God en ons land.

Here ons weet U is die teenmiddel is vir die COVID wat die hele wereld lam lê. U sê in Joh 11:4 “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” U het vir Lasarus uit die dood opgewek nadat hy reeds vier dae al dood was.


Jesus ons kom herhaal U gebed in Joh 11: 41 aan, Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.”

Kom ons bid soos Jesus gebid het voor Hy gevange geneem was, Hy het nie net vir sy dissipels gebid nie maar vir elkeen wat deur hulle woorde tot geloof gekom het.

Joh 17: 20,21.- “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat op grond van hulle boodskap nog in My sal glo. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Kom ons bid dat die leiers van ons land deur God aangeraak sal word. Dat hulle Hom sal ken in elke besluit, voor elke groot uitdaging, elke finansiele besluit, tot God sal nader. Dat die finansies volgens goedgekeurde besluit aangewend sal word.

Kom ons spandeer tyd aan ons mediese personeel wat lang ure, gevaarlike werk doen om ander se lewens te red. Bid vir hulle gesondheid, die gesondheid van hulle families en hulle veiligheid.


Kom ons bid vir die misdaad in ons land, in besonder die plaasmoorde wat plaas vind. Here, net U, kan die moordenaars se harte verander en sag maak. Dit is ons gebed dat U in elkeen sal werk en dat ons gebed ook, soos Jesus se gebed, verhoor sal word. Here alleen kan U dit verander en vir ons die hoop gee dat dit nou by U is. Ons vra dat U elke boer, gesin, familie en vriende wat deur die trauma geraak is se harte ook sal aanraak en berusting gee. Ons gemoed is ook vol as ons voor U staan en sê Here genoeg is genoeg. Here daar is net een ding wat ons kan doen en dit is om dit vir U te gee. Laat daar wonderwerk sal plaasvind, dat die mense rondom ons sal sien dat, U na die wêreld toe gestuur is, sodat ons een kan wees met U, soos U een is met God.


Jesus bid vir ons in Joh 17: 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.


Kom ons bid vir eenheid in Suid Afrika, in ons regeing, ons werksplekke, ons huise, ons kerke en daar buite op straat. Dat ons een sal wees soos Jesus en God een is. Joh 17: 25 ,26 “Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”


Ek nooi julle almal uit om deel te wees van die gebed wat ons, a s Suid Afrikaners, sal vereening, God se liefde sal ervaar en verandering in ons land sal bewerkstelling. Lukas se woorde in Lukas 1:37 moet nooit vergeet word nie. "Niks is vir God onmoontlik nie.


Ek vra weer kom ons vereenig in gebed.

12 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page