top of page
Writer's pictureGeloof

Kry jy regtig swaar!!!!


Ek lees verder in 2 Kor 11:24-34 en besef dat dit wat ons deurmaak elke dag is nie eers vergelykbaar is met wat Paulus deur gemaak het nie. Hy was 5 keer gegesel en 39 houe gekry. Hy stel dit so mooi, male sonder tal is hy in die tronk gegooi. Hy was met klippe gegooi en vir die dood agter gelaat. HY was op skepe om te reis en drie keer het die skip gesink. Sou ons nie gesê het ons is vervloek nie. Hy het die hele dag en nag in die oop see rondgedryf. Hy het nagte honger en dors gaan slaap en ook nie warm klere gehad om die koue uit te hou nie. Asos dit nie gnoeg is nie sê Paulus in vers 28 die volgende - Asof dit nie genoeg is nie, moet ek ook nog elke dag ’n groot klomp krisisse hanteer. Bo-op al die ontberings waardeur hy gaan moet hy nog krisisse hanteer. Dikwels het sy lewe aan 'n draaitjie gehang.


Beleef jy wat hy beleef het?


Ek dink daar is baie wat nou beleef wat Paulus beleef het. Dinge werk nie uit soos ons dit beplan nie, sukkel om deur die maand te kom, nie genoeg om alles te betaal nie, of dalk nie geld het om dokter toe te gaan nie.


Ek weet dat God vir ons kom sê dat ons dankbaar moet wees vir wat ons het. Wat het Paulus gedoen? - Hy is die Vader van ons Here Jesus. Sy Naam moet vir altyd grootgemaak word.


God het vir Paulus gered deur hom in die rietmandjie weg te steek en teen die muur laat afsak het om die stad te verlaat nadat hulle hom weer gesoek het. So sal God vir my en jou ook beskerm wanneer die nood groot is. Ons moet Hom net vertrou en weet dat Hy ons reeds deur die stroms gevat het, dalk het jy ook nie warm geslaap nie om in die see van jou probleme rond gedryf of dalk is daar finansieël probleme wat houe uitdeel na jou kant toe.


Vertrou op God en weet dat Hy soos Hy vir Paulus vir baie jare gedra het, versorg het, gehelp het, sal hy dit ook vir my en jou doen.



22 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page