Wees n vriend vir ander en God sal jou vandag en altyd in sy liefde omvou.
Wie na reg en liefde strewe, aan hom word n vol lewe en eer geskenk. Spreuke 21:21
GEDAGTE: Wees vandag vir ander n bron van inspirasie en bemoediging.
GEBED: Here, U wil so graag he U kinders moet een wees. Daarom bid ek vir die eenheid in U kerk hier op aarde. Vergeef ons tog ons trots, ons gebrek aan geloof, ons vertroebelde, bevooroordeelde denke, wat die rede vir ons verdeeldheid is. O Here, verlos ons van ons kleingeestigheid, ons bitterheid, ons agterdog. Bewaar ons daarvan dat ons die verdeeldheid as normaal sal beskou, terwyl dit n skandaal is in die oe van die wereld, en n belediging vir U liefde. Amen
Comments