top of page

Liefde verander 'n Christen se lewe

Kom ons lees wat Jesus se mening was oor liefde in Johannes 15:11-17


Ons weet dat Jesus baie lief is vir my en vir jou deur dat Hy vir ons aan die kruis te gesterf het . Dit is seker die grootse geskenk wat enige iemand sal en kan gee. Jesus sê in vers 9 dat Hy ons net so lief het soos die Vader Hom lief het. Ons kan God verheerlik deur vir mekaar lief te wees. Hoor die mooi woorde, wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe.


Jesus lees die dissipels se gedagtes met die vraag, Hoe kry 'n mens dit reg? Deur te doen wat Jesus vra, nie net te doen maar dit goed te doen. Daardeur sal ons vir Jesus wys dat ons sy liefde waardeer en geniet.


Hoekom sê Jesus vir die dissipels en ook vir ons hierdie dinge? Hier ervaar ek nou regtig hoekom Jesus vir ons so lief is, want Hy wil hê ons moet dieselfde vreugde en genot ervaar as wat Hy ervaar. Jesus is baie lief vir ons en ons moet dit waarddeer deur te doen wat Hy doen. HY is lief vir God en doen wat God van Hom vra. Dit is eenvoudig, Jesus wil hê ons moet mekaar liefhê, soos Hy ons lief het. Hoor mooi die volgende woorde, hierdie liefde is nie net iets oppervlakkigs nie. Dit is algehele oortuigende liefde. Liefde waar jy jou lewe sal afstaan. Jesus sê in vers 13 dat dit moet die toets wees wat gebruik word as jy iemand lief het.


Ons kan net vriende wees met Jesus as ons leef soos Jesus van ons verwag. Jesus beklemtoon dat die belangrik is dat ons besef dat Hy weet hoe ons verhouding met Hom is. Jesus het ons gekies en ons is hier op aarde met 'n doel. Ons is geroep om 'n permanente verkil te gaan maak in die wêreld. Hoe maak ons die verskil? Die antwoord vind ons in vers 16 - Julle het Mý nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met ’n doel gekies: julle moet ’n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet ’n permanente verskil in hierdie wêreld gaan maak. Vra God om julle daarmee te help en Hy sal dit doen.


Wanneer jy hierdie gedeelte lees, weet dat God jou gekies het en lief is vir jou. Hy het 'n plan met jou lewe en al hoe jy dit reg kry is om jou liefde vir Hom te wys. Doen wat God van jou vra. Luister na die stem van die Heilige Gees en doen wat gevra word. Ons moet onthou dat Jesus ons nie iets sal laat doen waartoe ons nie instaat is nie. Ons sal nie bo ons vuurmaakplek beproef word nie.


Die lewe kan soeveel makliker wees deur net gehoorsaam te wees en op God te vertrou. Die gedeelte word afgelsuit met die woorde in vers 17 - Onthou wat die verskil maak: julle moet mekaar liefhê.”


1 Johannes 3:1 - Ons staan bekend as kinders van God. Ons ís dit natuurlik ook. Ons hemelse Vader self het ons sy kinders gemaak - dít is nou liefde as daar al ooit liefde was!


1 Johannes 3:23-24 - Dít is wat God wil hê: ons moet sy Seun, Jesus Christus, volledig in die geloof aanvaar vir wie Hy is. Daarmee saam moet ons die wil van Jesus doen deur mekaar lief te hê. Wie God se wil so doen, is werklik deel van die intieme familiekring van God. Sy belange raak totaal met die belange van God vervleg. God is vir hom die allerbelangrikste en hy is net so belangrik vir God. Dat God ons werklik so deel van sy intieme familiekring gemaak het, kan ons daarin sien dat Hy aan ons die Heilige Gees gegee het.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page