top of page
Writer's pictureGeloof

Maleagi - die boodskapper

Voel dit nie vir jou of alles somtyds net skeef loop nie, dinge werk net nie uit nie. Dan praat ek nie eers van die ander dinge wat in die wêreld gebeur nie, die oorlog, stygende brandstof pryse, die ekonomie met verhoogde rente koerse , geweldige hoë egskeidings syfers ens. So kan ek aangaan en aangaan.


Maleagi skryf die laaste brief on die ou testament vir die na-balligskapse gemeente en vir alle gelowiges, dit is nou ek en jy, en vermaan ons almal om tot God terug te keer. God het opdrag vir Mealigi gee om dit duidelik te stel dat ons baie goed moet besin en besluit aan wie al die eer toe kom en dit is natuurlik God. Hoor wat sê Gosd in Maleagi 1: 6 - Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir julle vra. Hier praat God direk met die priesters.


Ons ontvang vanoggend 'n bevel van God in Maleagi 2: 1 - ( ek gaan dit op vandag van toepassing maak) Die bevel wat julle ontvang het, mensekind, wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan, is om my Naam te eer.


Die Here wil vanoggend weer die verbond wat Hy met Levi gesluit het met my en jou kom sluit Maleagi 2:5 - Die doel van my verbond met die Leviete was om lewe en vrede te bring. Dit is wat Ek vir die Leviete gegee het. Hulle moes My eer en respekteer en dis presies wat hulle gedoen het. Hulle het My met diep ontsag bejeën.


Kom ons gee die respek vir God wat Hom toekom. . Hier is God se belofte aan almal wat eerbied vir Hom het. Maleagi 4:2 - Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.


Dit is seker een van die mooiste prentjies om te sien en dit is 'n kalwer of lam wat rond spring van vreugde. Jy kan eintlik die vreudge ruik soos hulle speel. Sal dit nie worderlik wees as ons ook so kan rond spring nie.


Kom ons teken die verbond met God vandag en gee Hom die eer wat Hom toekom deir na sy stem te luister en gehoorsaam te wees aan sy bevele.

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page