top of page
Writer's pictureGeloof

Mens waarom is jy so in vertwyfeling _ Ps 42

Die bekende woorde" Soos 'n wildsbok smag na water so smag ek na U oor Here"


Smag ons ook na God? Wanneer die wil na God sterk is, sal ek en jy deur al die worstellinge werk. Hierdie wildsbok, ek en jy, loop heeldag in die veld, opsoek na kos en water. Hy moet heeltyd op die uitkyk wees vir die gevare wat rondom hom woed. Hy is nie seker of hy die einde van die dag gaan sien nie. Tog bly hy soek na kos en water. Moet ons nie ook soos die wildsbok wees tenspyte van die gevare, al die moeilike situasies waarin ons onsself bevind, net smag na God nie. Die wildsbok twyfel op geen stadium van die dag nie. Hy gaan met sy normale daaglikse take en dit is om kos en water te soek. Ek het dit al baie gesien dat as daar wilde diere is wat water ondek, dat hulle van opgewondenheid nader hardloop om te drink. Die stertjies swaai van die lekker.


Maar wat doen ons as mens as daar nou nie water is nie of dinge werk nie uit soos ons dit beplan nie. Dan kry God die skuld want Hy is nie daar nie. Ons moet ophou om so in God te twyfel. Ons moet doen wat die skrywer in vers 5 beskryf. "As ek my lewe voor my laat verby gaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop, met gejuig en lofsang, - 'n skare wat feesvier. Raak gou rustig en dink mooi wat jy hier lees. Sit vir 'n oomblik stil en dink oor wat die skrywer hier sê. Hoe die mense ingehak in mekaar en aangeloop kom en sing van vreugde. Dit is tog wat die Here vir ons wil hê, die vreugde van die lewe.


Maar wat doen ons as ons in 'n situasie kom waar daar dalk die geringste onderdruk gevoel word. Ons twfel eerstens in onsself en dan ook in God. Ons kan in die skrywer se stemtoon hoor hoe mismoedig hy is vers 6: ' Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Is dit nie maar almal van ons se probleem nie!!


In dieselfde vers word ons weer herinner aan die feit dat ons op God moet vertrou. Ons moet weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is tog ons helper en ons God. Ons moet besef dat God vir ons is en nie teen ons nie. Vetroue in God speel 'n geweldige belangrikke rol in almal van ons se lewens. Hy is daar elke dag, elke minute en elke sekonde. Ons moet ophou om op ons eie insgte te handel. As ons iets vir God gegee het moet ons weet dat Hy sy volle aandag daaraan sal gee.


Maak ons nie die lewe vir onsself baie moeilik nie? Lees net gou vers 6 se laaste paar woorde: Vertrou op God.


Ons is een ligaam in God. Hy sal ons nie in die steek laat nie. Ons moet ophou kerm en kla en alles net voor God neersit.


Daar is mos 'n spreek woord wat sê - van kem en kla kom daar niks.


Wanneer ons jubel en juig van opgewondenheid as ons elke dag wakker word sal ons gemoed en ingesteldheid verseker 'n groot bydrae hê dat ons nie in God sal twyfel nie. Kom ons maak 'n punt daarvan om eerste ding in die dag te jubel en te juig oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Dan sal die twyfel verdwyn, ek is oortuig daarvan.





0 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page