top of page

'n Nuwe besem vee altyd skoon


Die skrywer van die boek Hebreërs het ten doel gehad met hierdie brief om die gelowiges wat die geloofstryd veloof het om hulle weer aan te moedig om te volhard in geloof.



Hy begin in Hebreërs 13 met die opskrif (Die Christeleike lewenswandel).


  • Hy sê, broers julle moet mekaar altyd liefhê

  • Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense onder hulle sonder dat hulle dit weet, engele as gaste gehuisves


Liefde is die grootste gebod en dit alles begin by liefde. As jy nie lief is vir jouself nie, jou omstandigehede nie, is 'n mens geneig om negatief op te tree. Is dit nie so nie. Jy twyfel in jouself, in wat jy doen, en verloor die plot.Die skrywer kom en gee ons baie goeie raan om van die negatiwitiete onslae te raak.


Hy gebruik gasvryheid as bron om jouself te vebeter want hy sê (ver 2) Moenie na laat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit weet, engele as gaste gehuisves. As jy nie gasvry was nie het jy die engel wat God oor jou pad gestuur het verloor. Daardie engel is juis gestuur om jou omstandigehede te verander.


HY sê ook - Hou jou lewe vry van geldgierigheid, wees tevrede wat jullle het - God het self gesê:Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.


Die Here kom direk vir my en jou vanoggend die woorde hierbo sê. Ek en jy kan dan met vertroue sê - DIE HERE IS MY HELPER, EK KEN GEEN VREES NIE: WAT KAN 'N MENS AAN MY DOEN

Psalm 118 is ook vir my 'n mooi getuienis van hoe goed God regtig vir ons is. Hoor wat staan in vers 5 - In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my ek ken geen vrees nie, wat kan 'n mens aan my doen? (8) Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.


Gaan jy vandag jou ou besem weggooi en met die nuwe besem - die Jesus besem- begin vee..Daar is net voordele hierin

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

  • LinkedIn
  • Facebook
  • Tumblr Social Icon

© 2020 Geloof in God

bottom of page