top of page

'n Splinter nuwe Hemel en Aarde


Openbaring 21: 1-8


Ek raak gesiteraand rustig en vra vir die Here wat Hy graag met my wil deel en dit is so van toepassing dat ons in Pinkster week ingaan.


Ek is oortuig daarvan dat ons reeds die Hemel hier op aarde kan beleef terwyl ons nog lewe want as ons met die Heilige Gees gesalf is, is God mos reeds by jou. Ek skryf die gedeelte asof ons nog op aarde is, maar reeds in die Hemel.

Johannes, die skrywer, van die boek Openbaring kom dan nou en gee vir my en jou die volgende openbaring. Hy sê in vers 3 - Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees.


Dit opsig self is genoeg om 'n mens hoerdervleis te gee, van opwinding. In die gejaade lewe wat ons ly vergeet ons soms dat God by ons is. Die Heilige Gees verteenwoordig Hom in ons alledaagse lewe. Hy is op 24/7 bystand en rus nooit nie. Dit word bevestig in ver 4 - As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”


Hier het ons dit nou. Die slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees. Trane sal afgedroog word en niemand sal meer hartseer en pyn ken nie. Hoekom moet ons dit glo. Dit is nie iets wat ek sommer net uitgedink het nie want Johannes sê in vers 5 - Die Een wat op die troon sit, sê toe: “Kyk mooi, Ek maak alles nuut!” Verder sê Hy: “Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur.


In die laaste paar woorde van die vers sê God, wat Ek gesê het, het reeds gebeur. Vriende ons lewe reeds in die Hemel omdat ons glo en gevul is met die Heilige Gees. Hierdie hemel sal ons slegs beleef indien ons dit raak sien rondom ons en as ons dit ervaar en beleef en ook, baie belangrik, dit glo.


God sê vir ons in ver 6 - Alles begin by My en Ek besluit waar alles gaan eindig. Ek is die begin en die einde. As iemand geestelik dors is, sal Ek vir hom sorg. Ek sal vir hom water gee wat ’n mens se geestelike dors les en hom vir ewig laat leef. Dit alles is gratis.


Hoor wat God sê - alles begin en eindig by Hom. As ons geestelik dors is, sal Hy vir ons sorg deur vir ons geestlike water te gee waat ons geestelike dors sal opdroog en ons sal ver ewig leef. Die wonder van God is dat Hy dit alles vir ons gratis gee. Mahala - besef ons dat in hierdie wêreld waarin ons leef bestaan daar nie meer so 'n ding soos verniet nie. Het jy al iewers iets gratis gekry? Indien wel, kan jy die opgewondenheid nog onthou. So moet ons wees. Die opgewondeheid moet uit ons uitsraal en ander so beinvloed.


Daar kom dae wat ons dalk die verkeerde afdraai vat maar dit moet ons daagliks die regte pad weer vind want God sê in vers 7 - Die persoon wat enduit as Christen volhou, sal soos ’n egte kind al hierdie dinge van My erf. Dit is my ooreenkoms. Ek sal vir hom God wees, en hy sal my kind wees.


God kom bevestis met 'n ooreenkoms dat Hy vir my en jou as kind sal aanvaar en dat ons alreeds by Hom in die Hemels is. Ons erf die voorreg om nou saam met Hom te wees.


Teken nou die ooreenkoms met God en lewe saam met Hom nou hier op aarde. Voel hoe God die trane afdroog. As jy geestelik dors is, vra vir God en Hy sal jou geestelike dors les, want Hy het dit met die ooreenkom belowe.


Ek dink dat ons heeltemal te veel bid vir dinge hier op aarde en ons moet dalk ons fokus verander om vir meer geestelike insig van God vra.


Almagtige God, dankie dat U die ooreenkoms met elkeen wat hier lees kom sluit vanoggend. Droog hulle trane af en les die geestelike dors wat elkeen beleef. Vul elkeen met die geestelike water wat nodig om hulle te laat oorloop van geestelike krag. AMEN

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentários


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page