Ek en jy het elke dag 'n struggle met die dinge van die wêreld. Ons probeer om op die regte pad te bly, maar struikelblokke maak dit moeilik. Mense maak dit moeilik ... en wanneer jy bemoediging met ander deel is dit nie omdat 'jy met die Bybel onder die blad loop nie, ' dis omdat jy weet - die lewe is vol struikelblokke - en daarom deel jy dit wat jou bemoedig het met ander. Waarmee jy ook al struggle, die Here is jou antwoord, want die Woord sê: “Niemand is goed nie – selfs nie een nie." Romeine 3:10 NLV
"Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie." Prediker 7:20 NLV
GEBED
Here, help my om altyd die regte voorbeeld te stel. Vergewe my as ek soms meer tree terug gee as vorentoe. Neem my hand want ek vertrou op U. Dankie Jesus. Amen.
Comments