top of page

Oorwin jou sondes deur geloof


1 Johannes 5:- 4-5


4. Want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. 5. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?


Kom ons wees nou eerlik met mekaar. Ons almal het sonde want die duiwel sit om elke hoek en draai en probeer ons beinvloed. Ek glo dit is ekleen van ons se strewe om so naby aan God te leef as moontlik. In hierdie gejaagde lewe is dit so maklik om van stryk gebring te word maar soos Johannes die apostel soveel jare terug vir die Christene probeer versterk het in hulle geloof, kom hy vanoggend en sê dieselfde vir my en vir jou.


Ek en jy is instaat om die sonde te oorwin want ons is kinders van God en daarom kan ons dus hierdie sondige wêreld oorwin maar kan net gebeur deur ons geloof in God.


Johannes sê ook in Johannes 1: 12-13 - Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13 Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.


Dit kom nie van nature nie en ek en jy kan nie die besluit neem om 'n kind van God genoem te word nie, dit is deur God reeds in die moederskoot aan ons gegee. Ons moet besef dat God 'n baie belangriker rol in ons daaglikse lewe moet speel omdat die duiwel sal sien dat daar is nie plek vir sondes in ons lewens nie.


Lê jou sondes voor God neer, gee dit vir Hom en jy sal vrede vind in God. Joahnnes beskryf die so mooi in Joannes 16:33 - Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.


Dit is ook nie maklik nie maar ons vind vrede daarin omdat Jesus reeds die wêreld oorwin het.

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page