top of page

Paulus se ontberings as apostel - Beleef ons dit vandag


Paulus skryf die briewe 1 & 2 Korinthiërs vir die gemeente in Korinte, en vir ons, om ons te vermaan om onsself te weerhou van vals leerstellings en ons by die waarheid van Sy woord hou.


In 2 Kor 11: 23-32 , kliek op die skakel, https://bit.ly/37BY4WT, lees ons van al die ontberings wat hy moes deur maak. Hy sê in [23] Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan en ek dikwels in doodsgevaar. [24] Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry, [25] drie maal het ek lyfstraf gekry en een maal met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek dag en nag in die oop see deurgebring. [26] Ek was dikwels op reis en in gevaar; daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. [27] Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; dikwels is ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. [28] Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes [29] As iemand swak is voel ek asof ek self swak is; as iemand in die sonde val asof ek ook deur vuur gaan.


Is dit nie ook hoe dit in ons lewens gaan nie. Ons is in 'n tronk van ons eie huise opgesluit, is in doodsgevaar as jy dalk wil gaan stap. Van hoeveel moorde lees ons nie, vrouens wat verkrag word, mense wat aangerand word. Ons is geen plek veilig nie, selfs nie in die veld nie of op die see nie. Paulus noem dit was harde werk en swaarkry, nagte sonder slaap, honger en dors, dikwels sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. Dit is die tye waarin ons nou leef.


Paulus noem dat hy swak is en deur baie geestlike worstelinge moes gaan en as hy moet roem, dan roem hy is sy swakheid. [30] Hy sluit 2 Kor 11 af met die woorde, toe ek in Damaskus was, het die verteenwoordiger van koning Aretas die stad laat bewaak om my te vang. Maar deur 'n venster in die muur is ek in 'n mandjie laat afsak en het aan sy hande ontkom.


Kan jy jouself inleef in Paulus se situasie, die swaarkry, die seer, die benoudheid, angs en vrees. Die gevoel van hopeloosheid en net handdoek ingooi, en tog het hy nie.



Nee Paulus is vir ons 'n baie goeie voorbeeld en gee vir ons krag met die woorde in 2 Kor 12:8, Drie maal het ek tot die Here gebid dat dit alles van my af weggeneem moet word. En Jesus antwoord, "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.


Hy bemoedig ons in 2 Kor 12:3, Julle soek mos 'n bewys dat Christus deur my praat. Hy tree nie swak op teenoor julle nie, maar bewys sy krag onder julle [4] want al is Hy gekruisig in die swakheid van 'n mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe. Dit sal julle sien. Dit is kragtige woorde. Ons gaan dit sien. Jesus wil hê dat dit iets is wat ek en jy gaan sien. Ek kry nou die smaak van helemse heuning in my mond, die krag van God in ons lewens. Proe jy dit ook?


Hy gee ons die opdrag in vers [5] Stel julle self op die proef en ondersoek julle self of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle lewe nie?


Paulus kom bid vir ons [9], Ons bid ook vir julle vir geestelike volwassenheid en in [11] beveel hy ons om bly te wees en te streef na geestelike volwassenheid en om eengesind te wees en die kersie op die koek, leef in vrede want: Die God van liefde en vrede sal by ons wees.



Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heiliges Gees sal by julle , dis nou ons, wees.










GEBED

Onse Vader wat in die Hemel is, ons kom sê baie dankie vir U leinding en bemoediging. Dankie dat ons vanoggend kan kom vra vir geestelike volwassenheid. Lei U ons waar U ons nodig het.


Dankie dat U dit weer onder ons aandag kom bring dat U Here by ons is as ons swak is. Dat U ons bystaan in ons swakheid.


Here ons kom vra leiding in die tye van swakheid, in die wêreld waarin ons leef. Bring vir ons die vrede soos U deur Paulus vir ons meegedeel het.


Dankie vir die genade, die liefdde en die Heilge Gees wat in ons leef.



AMEN



59 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page