top of page

Romeine 1: 17 - Ons is geroep om te glo

'Van Paulus. Ek dien Christus Jesus. Hy het my aangestel as apostel. Dit is my taak om God se goeie nuus oral bekend te maak. Hierdie goeie nuus is al lankal deur God se boodskappers in die Bybel neergeskryf. Dit handel oor God se Seun, Jesus Christus. Hy is ons Here. Hy kom uit die nageslag van Dawid. Toe Jesus na sy kruisiging uit die dood opgestaan het, het die Heilige Gees aan Hom die heel belangrikste posisie in die hemel gegee. Hy is daar in die hemel triomfantlik as die Seun van God aangewys. Daarom besit Hy nou al die mag in die hemel en op die aarde. Jesus was baie goed vir my. Hy het my aangestel as sy apostel.



Ek moet vir mense uit alle volke van Hom vertel. Ek sê vir hulle om in Hom te glo en om te doen wat Hy sê. Julle tel onder die gelukkiges wat hierdie goeie nuus glo. Christus het julle ook geroep om in Hom te glo. Ek skryf hierdie brief aan julle almal in Rome. God het julle baie lief. Hy het julle eenkant gesit vir Homself sodat julle Hom voltyds kan dien. Die goedheid en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus is by julle. ' Romeine 1:1-7


Soos Paulus vanoggend vir die Christene in Rome gesê het, kom sê hy ook my en jou sê om te glo en te doen wat God sê. Ons tel onder die gelukkiges om die goeie nuus te kry. Dit is 'n baie groot geskenk wat ons van God ontvang. Wanneer jy die gesken oop maak staan daar in die kaartjie, dit kom van God af. In die kaartjie is geskryf - Jesus Christus het vir my en jou geroep om in Hom te glo.


Kom ons gaan vandag en sê vir Jesus baie dankie vir die gekenk. Koeste die kaartjie deur die dag. Sit die kaartjie in jou handsak of in jou baadjie sak en dink heeldag aan die geskenk. Dit is ook belangrik om ander te vertel van die geskenk. Hulle sal die verandering in jou lewe sien en ook smag om so geskenk te ontvang. Ek is oortuig dat hulle ook so gekenk sal ontvang as hulle glo net soos jy glo.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page