top of page
Writer's pictureGeloof

Sal God genees?

Die afgelope paar jare is dit iets wat seker baie gevra is. Sal God genees?


Daar is baie wat siek was en selfs gesterf het. Jakobus gee vir ons die antwoord in Jakubus 5:15


En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.


Wat beteken dit om gelowig te bid en wat is geloof?





Die Boodskap weergawe beskryf dit so mooi.


'Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur. '


Jakobus, vermoedelik die broer van Jesus skryf die brief om die gelowiges tot volharding onder beproewinge en tot die praktiese uitlewing van hulle geloof aan te moedig.


Hy skryf ook in Jakobus 1: 6 'Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg.


Kan ons bekostig om te twyfel? Dit laat my dink aan weduwee in 2 Konings 4 wat Elisa se raad gevra het. Lees dit gerus. https://my.bible.com/af/bible/50/2KI.4.DB


My gebed is dat elkeen wat hier lees se geloof in God versterk sal word.

18 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page