Voordat ons by die ses stappe uitkom met ek en jy eers vir onsself afvra -
HET JY REEDS GELOOF
As jy Jesus as jou verlosser aanvaar en dit glo het jy reeds geloof as offer van God ontvang. Ons lees in Effesiers 2:8 - Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.
Nou vra ek myself af, hoeveel geloof het ek ontvang? Dit wil vir my voorkom asof daar mense is wat dink dat een persoon meer geloof as ander ontvang het. Hoekom? Want hulle lewe dalk nie op dieselfde vlak as ek en jy nie.
Romeine 12:3
Weet julle, God is baie goed vir my. Hy het my as sy apostel aangestel om sy wil bekend te maak. Daarom kan ek vir julle almal sê dat julle nie te veel van julleself moet dink nie. Nee, wees nederig. Onthou dat julle geloof ’n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat julle wel van Hom ontvang het. En hou op om julle met ander te vergelyk.
Die verskil le in wat ons met die geloof wat God ons gegee het, gaan doen.
ONTWIKKEL JOU GELOOF
Baie keer lyk dit of ander meer geloof ontvang het maar dit is eenvoudig, hulle ontwikkel hulle geloof. Ons almal ken - Het ons maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie. Dit is 'n geweldige kleinsaadjie maar word een groot enorme boom. Jy self gaan bepaal hoe groot jou boom gaan wees want jy moet dit voed. Jy kan dus kies hoe groot jou boom gaan wees
STAP EEN - ERKEN JESUS AS DIE EEN WAT JOU GELOOF ONTWIKKEL
Romeine 12: 2
die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.
Uit die vers is dit duidelik dat ons geloof se oorsprong van Jesus af kom en dat Hy dit in ons sal ontwikkel. Net soos 'n persoon;ike afrigter jou help om die spiere in jou liggaam te ontwikkel en bou, help Jesu jou om jou geloof te ontwikkel.
Wanneer jy God iets in gebed vra, moet jy die verwagting he dat Jesus jou geloof gaan ontwikkel sodat jy God ten volle kan vertrou om jou gebed te beantwoord.
Soos jou geloof groei en ontwikkel, sal jy begin agterkom dat die duiwel se invloed wat hy rondom jou uitoefen al hoe kleiner begin word. Omstandighede gaan die knie buig voor God se krag en dinge gaan verander.
Comments