Stap 6 - Doen wat die woord sê
Ons het nou al geleer dat ons moet erken dat Jesus ons geloof ontwikkel en dat die sy woorde altyd eerste gestel moet word en met die hoogste gesag hanteer word. Vir my is dit die belagriste dat ons geloof deur die woord gevoed word maar ook moet ons die voeding inneem en oordink word. In stap 5 moet ons dit wat ons ontvang het deur die woord doen.
Ons vra vir God so baie keer oor seker dinge wat in ons lewe gebeur en ons kry dalk 'n antwoord uit die woord uit maar dit is dalk nie wat ons wil hoor nie dan gaan ons maar net voort asof ons dit nie gehoor het nie. Dit is 'n teken dat ons geloof nie gebaseer is op die woord nie. My en jou geloof is dan nog nie so ontwikkel soos Jesus dit wil hê nie.
Ons moet die Here met alles kan vertrou, groot of klein, en al hoe ons dit sal reg kry is deur die antwoorde in die woord te soek en die Heilige Gees sal jou help om te hoor, te luister en te doen. Jakobus skryf vir die Joodse Christene wat buite Palestina 'n gemeente begin vorm het en - Jakobus 1: 22 - Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie anders bedrieg julleself.
Wanneer ek en jy die woord aanhoor en ons doen dit nie wat dit sê nie gebeur wat Paulus gedeel het met die gelowiges in klein Asië in Efesiërs in Efesiërs 4: 27 - Moenie die duiwel vat kans gee nie. Ons moet besef dat wanneer die duiwel sien jy jou geloof versterk gaan hy juis jou al hoe meer aanval. Jou gedagtes probeer verander. Dit is dan wanneer ons sterk moet staan en te luister en te doen soos dit in die woord staan.
Hoekom?
Jesus het vir die dissipels gesê in Lukas 6:23 - Spring dan op en dans rond van vreugde, want daar wag ’n groot beloning op julle in God se nuwe wêreld.
Die beloning is baie groter as wat die wêreld ooit vir ons sal gee. Kom ons maak dit ons missie om ons geloof te ontwikkel deur die eerste 5 stappe te doen. Ons moet Jesus toelaat om ons geloof te ontwikkel deur die Heilige Gees, ons moet Sy woord met gesag hanteer en altyd eerste stel. Ons moet ons geloof voed met die woord en dan moet ons doen wat die woord sê. Dit is dan waaneer ons sal opspring en dans van vreugde.
Dankie Jesus dat ek weer vanoggend kan besef hoeveel krag geloof in 'n mense se lewe moet hê en dat ons dit net van U sal kan ontvang en dat U ons sal help om dit verder te ontwikkel en al wat U van ons verwag is om te luister en te doen.
Help ons om aandagtig te luister en te doen.
AMEN
コメント