Die woord kom altyd eerste en het altyd die hoogste gesag.
Ons moet besef dat die woord van God een van die manier is hoe God met ons praat en as ons nie die woord lees nie sal ons nie sy stem hoor nie, ons sal nie hoor wat Hy iets te sê het nie.
Om jou geloof te ontwikkel moet die woord dus eerste plek in jou lewe kry. Om die woord in jou besige lewe te probeer inpas is nie om die woord deel van jou lewe te maak nie. Ek het al 'n paar van Louis Malherbe se boeke gelees en hy het 'n sê ding gehad - " maak die rooidag wakker". Dit beteken dat jy doelgerigte tyd sal afstaan om die woord van God. Jy kan jou etenstyd afstaan in pleks van dalk in die winkels te gaan rondloop en net te kyk.
Vir my persoonlik is vroeër opstaan die beste deel van die dag. Dit is asof jy deur die dag soveel meer tyd kry om dinge gedoen te kry en selfs meer gedoen kry. Dit is die tyd waar jy antwoorde op jou vrae kry wat jy van God vra. Soek die antwoorde in die woord want God praat met ons deur die woord..Dit wat ons lees is die antwoord op ons probleme want God se dit in die woord.
Hoor wat sê Salomo in Spreuke 4 vir ons.
Kinders neem die opvoeding wat die Vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is, want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee versmaai nie. Ek was ook eenkeer 'n kind, my moeder se oogappel, haar enigste. My Vader het my ook toe geleer en vir my gesê; "Wat ek vir jou sê moet jy vashou en my voorskrifte moet jy uitvoer.
en in ver 7 sê hy; Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles way jy het, om insig te kry. Slaan dit hoog aan dan sal dit aansien aan jou gee.
Salomo sluit af met die woorde in vers 20-23; My seun hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde! Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte, want dit beteken lewe vir die wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit.
Nou ja hier het ons dit uit die woord van God. Ek vra myself af, - ek vra God oor so baie dinge en verwag dat Hy my sal antwoord. Soms kry ek nie antwoorde nie omdat ek dit nie in die woord gaan soek nie. God werk op baie wonderlike manier met ons maar ek is nou vas oortuig dat ons baie makliker en ook vinniger antwoorde sal kry as ons dit in die woord gaan soek.
Stap 2 is vir my die belangrikste stap om ons geloof te ontwikkel en dit sal ons verseker nader aan God bring.
Lees gerus die hele Spreuke 4 en kry nuwe insig.
Almagtige Vader help elkeen wat hierdie boodskap lees om meer insig in U woord te mag kry. Dat elkeen die antwoorde op hulle vrae uit die woord sal kry en dat elkeen die lewe sal ontvang.
AMEN
Comments