top of page
Writer's pictureGeloof

Ses stappe om jou geloof te ontwikkel - Stap 3

Ons het nou geleer in stap een dat ons moet erken dat Jesus die geloof in jou sal ontwikkel en stap twee dat ons vir die woord gesag sal he.



Stap 3 - Voed jou gees met die woord


Matteus beskryf dit so mooi in Matt 4:4 - n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.


Ons sal net God se stem hoor as ons sy woord bestudeer en luister as Hy met ons praat. Ons as mens moet tenmiste 3 etes per dag inneem om 'n gebalanseerde lewe te leef. So moet ons ook ons geloof voed om God se stem te hoor. Ek en jy spandeer dalk net in die oggend tyd in God se woord of dalk net voor jy gaan slaap. Nee God wil he dat ons meer tyd in sy woord sal spandeer. Tegnologie maak dit so maklik vandag, daar is duisend verskillende selfoon app's wat gebruik kan word om meer tyd in sy woord deur te bring. Daar is soveel lees planne beskikbaar, ons het regtig nie 'n verskoning om te se ons het nie tyd nie.


Ons kan nie verwag dat ons gees gaan groei en ontwikkel nie as ons dit nie voed nie. Daar is 'n gesegde wat se, 'n lee sak kan nie regop staan nie. Hoe meer ons ons geloof voed hoe makliker en duideliker sal ons God se stem hoor.


Kry vandag al jou vitamiene by God deur tyd is sy woord te spandeer. Maak tyd om sommer in jou etenstyd God se woord te lees en jy sal vind dat jou dag net soveel beter sal uitdraai.


Job stel vir ons die voorbeeld in Job 23. Lees gerus die gedeelte en leef jou in sy omstandighede in. Hy se as ek maar geweet het waar God is sou ek na sy woonplek gegaan en my klagte voor Hom neergele het. Ek sou van Hom antwoorde probeer kry. Is ons nie ook maar baie keer in die selfde skoene nie.


Job se in vers 12 - Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.


Mag Job jou vandag sal laat nadink oor die voedsel wat ons nodig het om ons geloof te onwikkel.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Komentarze


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page