top of page
Writer's pictureGeloof

Ses stappe om jou geloof te ontwikkel - Stap 4


Stap 4 - Oordink die woord


Ons dien 'n lewendige God wat elke dag by ons is. Die Here wil hê ons moet die woord lees, soos ons die vorige stappe geleer het maar vir jou geloof om te ontwikkel moet ons oor die woord dink.


Op skool was ons gedwing om te leer en hoe het ons dit gedoen, deur notas te maak van sekere gedeeltes. Dan het jy die notas gevat en dit in jouself ingedril. Ek het byvoordeeld die eerste letter van die woord gevat en n rympie met al die letters gemaak. As ek die rympie geken het was dit vir my makliker om die woorde te onthou.


Dit is wat God van ons verwag. Ons moet die woorde wat Hy vir ons gee in ons gedagtes hou sodat ons dit kan oordink. Jy sal vind dat die woorde jou lank gaan by bly en jy sal dit gaan ophaal wanneer jy die nodig het.


Die skrywer skryf in Psalm 1: 1-3 - Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan nie, en met ligsinniges saamspan nie, maar wat die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tye vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.


Wanneer jy bybel lees en die Heilige Gees laat 'n paar woorde of dalk 'n prentjie in jou kop op kom, is dit dit wat God met jou deel. Dit is wanneer jy daaroor moet nadink. Dit is vir jou gegee om deel te wees van jou mens wees want as jy dalk weer voor 'n struikelblok staan sal jy die woorde onthou en weet wat om te doen.


Kom ons vul ons geestelike "folder" met hulpmiddels om ons in die toekoms te help maar ook om dit te deel as ander ook dalk in dieselfde situasie is.


Almagtige God, dankie dat U vandag ons kom leer om oor U woord te dink. Help ons om daardie woorde te gebruik soos U dit aan ons oogedra het. Help elkee vandag om te lees, te luister en te dink.


AMEN

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page