Stap 6 - Prys en dank God
Die beste eienskap wat 'n mens kan kry is om wanneer jy iets ontvang is om dankie te sê. Dit is so mooi gebaar en wys dat jy respek het vir die persoon aan wie dit gesê word.
Ons moet soos Dawid wees nadat hy hom kranksinnig gehou het en vir Abimelek so geirriteer het dat hy hom weg gejaag het.
Dawid se geloof het in hierdie proses ontwikkel en gegroei want hy sê in Psalm 34:5 - Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit al my doodsgevare. Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagtinge nie.
Dit is wat geloof is wanneer jy in tye van swaar kry nog steeds glimlag en straal van blydskap.
Dawid begin Psalm 34:2 met die woorde - Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Let wel op die woorde altys weer. Dit is 'n konstante ding wat ons moet doen nie net teenoor God nie maar teenoor almal rondom ons.
Kweek ‘n lewensstyl van lofprysing en danksegging aan. God het reeds soveel vir ons gedoen, en Hy doen daagliks nóg meer. Dit is belangrik dat ons dit raaksien en vir Hom dankie sê daarvoor.
Lofprysing en danksegging is ook ‘n kragtige manier om jou geloof te bevestig. Dank God vir wat Hy doen en vir Sy beloftes wat waar is in jou lewe. Doen dit al sien jy nog nie die uiteinde daarvan met jou oë nie. Só oefen jy ook jou geloof uit. Jy stel dit as’t ware vry.
Dit is baie belangrik om God gedurende die wagperiode elke dag te loof en prys vir die waarheid van Sy Woord. Loof Hom ook vir Sy getrouheid om Sy beloftes na te kom.
Comentarios