top of page
Writer's pictureGeloof

So moet ons bid


Markus beskryf vir ons in Makrus 11: 15-19 hoe Jesus die tempel reinig. DIe mense was besig om te verkoop en te koop in die tempel. Geldwisselaars het gedurende die paasfees skatryk geword. Mense uit ander streke moes eers hulle geldeenheid omskakel om te kan handel. Offer diere was te koop aangebid teen belaglike pryse. Die geldwisselaars en verkopers het 'n feestelike tyd gehad.


Ons almal het al gehoor hoe Jesus die geldwisselaar se tafel omgooi en die diere uit die tempel uitjaag. Jesus het 'n sweep gemaak van toutjies en dit gebruik om almal uit die tempel te jaag.


Ons is nou die tempel van God, die plek van aanbidding is in ons harte. Jesus kom en waarsku ons dat Hy het reeds die sweep gevleg om die geldwisselaars en diere uit ons lewens te kom jaag.


Wat in jou lewe verontreining God se tempel in jou. Wat maak dat jy nie die paasfees, tyd van aanbidding, leeg voel, ver van God af voel? Wat is daar in jou lewe wat maak dat die geldwisselaars en diereverkopers jou beroof van tyd saam met God?


Hier waar ek nou sit en dink aan my eie lewe. Daar is so baie dinge waarop ek hoop, droom en my wens is. Soms raak ons so blind en ons kyk net aan daardie goed, sien net dit raak. Dit is soos die geldwisselaars en diereverkpers wat vir die verkeerde redes winste gemaak het uit wat veronderstel was om 'n tyd van gebed te wees. Voel jy soms of as jy bid en bid en of God jou nie hoor nie. Jy bid vir maande, jare aan mekaar en daar gebeur niks nie. Daar is so baie waarvoor jy bid dat 'n mens later vergeet hoekom jy bid. Die paasfees was 'n tyd van gebed en die omstandihede wat daarmee saam gegaan het, het gemaak dat die doel daarvan nie meer bereik is nie.


Jesus het met die sweep wat Hy uit tou geveg het alles wat nie in die tempel hoort nie uit die tempel gejaag. Jesus sê in Johannes 2: 16 'Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.”


Ons almal is skuldig want ons tyd van aanbidding het 'n handelshuis geword. As ons bid, bid ons oor ons eie belange. Jesus wil hê dat ons sakebelange, hoe noodsaaklik ook al, nie 'n bedreiging vir God se belange word nie. God weet wat ons nodig het. Jesus was hewig onsteld omdat die eintlike doen van aanbidding 'n ander doel gekry het.


Jesus het alles uit die tempel uit gejaag, beeste, skape en die duiwe, selfs die geld wisselaars se tafels omgegooi. Kom ons jaag ook die dinge wat God se belange in ons lewe bedreig, uit en kom ons gooi die geldwisselaars se tafels om, en fokus op God. God wil nie hê dat ons tyd saam met Hom oor wêreldse dinge gaan nie. HY wil tyd saam met ons spandeer. Dit is heilige tyd, vergeet van die wêreld. Die blindes en kreupeles, wat vir die regte rede daar was, is volgens Matteus 21: 13-14 gesond gemaak. [13]'en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit 'n rowersnes.[14] ” Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. '


Is ons nie ook maar besig om dit te doen nie, bid om die verkeerde redes nie. Jesus kom vra ons om die sweep wat Hy gevleg het, , te gebruik om alles wat veroorsaak dat jy nie by God uitkom nie, sal verwyder en op Hom fokus. Vergeet van die sakebelange, geld, probleme en vind God.


Hoor wat sê Mattheus in Matt 6:5-15 “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. '


So moet ons bid!!!


“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.


Daar waar jy nou sit, maak jou oë toe en luister na die videos. As jy dalk oorfone het, sit dit op, sit die klank so hard as wat jy kan hanteer en sit plaas joue fokus op die woorde.



26 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page