top of page

Vir die mens is dit onmoontik, maar vir God is alles moontlik


Met die stukkende wêreld waarin ons leef is hierdie, die vers om elke dag saam met jou te dra. Mattheus 19:26


Baie van ons kom elke dag voor soveel te staan. Ek het gister stil geraak en vir God gevra om vir my skrif te gee want ek weet van 3 persone naby aan my wat deur baie moeilike tye gaan. 'n Vriendin het geval en is nou in ICU, my swaar was in 'n motor ongeluk en in ICU en my ander swaar se vrou het baie erg seer gekry in 'n ski voorval en moet nou groot operasies ondergaan.


God het my nie dadelik geantwoord nie, en die mens wie ek is, het dit daar gelaat, want ek weet God sal my antwoord.


Soos ek deur "social media" gaan is daar iemand wat hierdie vers gepos het. Daar weet ek, dit is wat God vir my wil sê. Dit het my 'n paar dae gevat om die boodskap te skryf. Eers het my rekenaar se wi-fi afgegaan en moed ek alles oortik. En toe ek dit wou pos, is daar 'n stem wat vir my sê, moet dit nie stuur nie.


Matteus 19:26

'Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. ” '


Die eerste ding wat by my opkom is; Wat beteken alles? - Let gou mooi op wat dit beteken.

Al die dinge saam; die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsondering.


Ons besef regtig nie hoe groot God regtig is nie en wat Hy alles vir ons doen nie. Hoekom twyfel ons nog in Hom. Vriende dit is tyd dat ons in geloof alles voor God neersit en op Hom vertrou. Dinge gaan dalk nie gebeur soos jy die wou hê nie, maar dit is omdat God iets beter vir jou wil doen of gee.


Met die pyn en seer waardeer my vriendin gaan en my twee familie lede het dit net weer vir my uitgestaan om hulle te bemoedig met die woorde - vir die mens lyk dinge onmoontlik, maar vir God is alles moontlik. Dit bring my weer by die beskrywing van alles, alle dinge saam; die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsondering.


Dit beteken alles, die hele omvang van die probleem sonder uitsondering. Dus nog voor jy die in die situasie is, soos my familie en vriendin is daar reeds 'n plan, sonder uitsondering, vir jou uitgewerk. Kom ons kyk net gou weer wat geloof beteken - geloof is om oortuig te wees oor die dinge wat ons hoop en om verseker te wees oor die dinge wat ons nie sien nie.


Wanneer jy in God glo belowe Hy dat al die dinge saam, die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsonder vir jou sal gee. Dit beteken dat jy bonatuurlik sal genees.


Geloof in God is baie belangrik omdat dit die verbinding tussen jou en God is. Wanneer jy in geloof lewe sal jy naby aan God leef en Hy sal jou pappa wees.Ons moet soos kinders voor God raak.


Doen jouself die guns. Sit daar waar jy die blog lees en maak jou oë toe, fokus op God, hou Matt 19:26 in jou kop. Dink oor die dinge wat vir jou onmoontlik is en gee dit vir God. Wanneer jy jou oë oopmaak sal jy vind dat die bekommernisse het verander in vreugde. Vreugde wat jou verstand gaan sukkel om te verwerk.


Ek sluit af met die woorde van Job 42: 2 - Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.


GEBED

Almagtige Vader, dankie dat U vandag vir ons die onmoontlik moontlik maak. Dat U genesing gaan bring oor my familie en vriendin. Ek is glo dat hulle gesnesing sal ontvang en is oortuig dat hulle binnekort ontslaan sal word. Ek bid ook vir elkeen wat hierdie boodskap lees, dat hulle U teenwoordigheid sal ervaar en weet dat alles vir U moontlik is.


AMEN


 
 
 

Recent Posts

See All

Comentários


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

  • LinkedIn
  • Facebook
  • Tumblr Social Icon

© 2020 Geloof in God

bottom of page