top of page
Writer's pictureGeloof

Volhard onder swaarkry

2 Tim 2:3 - "Dra die deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus"



Ek kan nie vir julle beskryf hoe dit voel as ek stil raak en met God praat nie. So kry ek die opdrag om oor die tema te gesels. Dan vra ek myself af, Wat moet ek sê? Dan lees ek net die volgende vers (vers 4) - 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede stel, bemoei hom nie met die dinge van 'n gewone lewe nie. Dan dink ek WOW Here, dankie vir die voorreg om in U diens te kan staan. Die feit dat die Here vir my sê aktief maak dit nog meer spesiaal.


Paulus spreek vir Timoteus baie sterk aan en wys vir hom om 'n goeie soldaat vir Christus te wees. Wanneer jy in die loopgrawe van die lewe moet diens doen, moet jy soos 'n aktiewe soldaat jou diens doen. As jy nie jou deel doen nie, is die kans dat jy dalk sal omkom baie goed of jy sal na 'n ander afdeling geskuif word. God wil hê ons moet, soos 'n goeie soldaat wat aktief veg, om sy woord te verkondig. Ons moet bereid wees om in die spervuur te staan.


Elkeen van ons se lewens verskil. Ons almal het positiewe en negatiewe. Ons almal het foute en sterk punte. Wanneer ons aktief in diens van God staan sal daar verby die foute en negatiewe gekyk word. Ek glo dat daar by God net positiewe dinge sal gebeur al sien ons dit dalk nie so nie. Hier is Paulus 'n baie goeie voorbeeld. Hy was in die tronk vasgeketting en nogsteeds het hy homself so geskool om positief te wees. Wat 'n goeie voorbeeld van 'n aktiewe soldaat.


Is ons nie geneig baie gou te twyfel oor iets maar Paulus kom in 2 Tim 2:7 en sê "Dink na oor wat ek alles sê, Die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.


Maak ons dit nie vir onsself so moeilik nie. Ons wil die wedloop hardloop maar maak ons eie reels. Nee om die wedloop te hardloop en gemaklik te wen moet jy by die reels hou.


Ek sluit af met die Paulus se woorde in 2: Tim 4:5 - Maar bly in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voel al die plige as bedienaar uit.


Elkeen van ons is opgeroep om diensplig in God se weermag te kom doen. Die opdrag wat ons hierbo gekry het kom van God af. Gaan ek en jy dit net igoneer. Gaan ons in die loopgrawe van die lewe, die lewe van vandag, die stryd aan sê, of gaan ons maak of ons dood is as die vyand ons oorrompel het.


Vriende kom ons staan op en luister na die opdragte van ons bevelvoerder en raak aktiewe soldate. Die Here sê mos in die teks vers "Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus.


GEBED

Almagtige God, hoe dankbaar is ons nie vanoggend om die opdrag te kry dat ons moet aktiewe soldate vir Christus te wees. Dankie dat U ook vir ons die insig sal gee om alles te verstaan. Dankie dat ons weet dat ons bevelvoerder die regte strategie en beplanning gedoen het om ons by te staan in die oorlog waarin ons tans is.


Here staan elke ander aktiewe soldaat, die persoon wat hier lees, by om aktief te bly veg om sy bevelvoerder se opdrag te gehoorsaam.


AMEN

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page