top of page
Writer's pictureGeloof

Voorskrifte vir gebed - Berou en bekering

Met die genade van die Here gaan ek die volgende paar dae fokus op die voorskrifte van gebed en dit begin vandag by berou & bekering.


Die bybel in praktyk het in elke begin van 'n hoofstuk 'n oorsig van die hoofstuk. 2 Kronieke begin soos volg:" Daar is niks belangriker as om aan die Here toegewy te wees nie. Om vir Hom te lewe en om Hom met jou hele lewe te dien."


Die Here verskyn 'n tweede keer aan Salomo in 2 Kronieke 7 (lees dit gerus self) maar ek wil stil staan by vers 14, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.


Dit word reguit vir ons uitgespel in 1 Kronieke 16: 11 -'Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.


Uit hierdie paar verse is dit duidelik dat God ons roep om Hom in alles te soek, berou te hê oor ons verkeerde dade en om terug te draai na Hom. Ek en jy is die tempel van God.


Ek lees nou deur die bybel die Heilige Gees wys die vers vir my uit Jesaja 55:6 - 'Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. '


Here hier waar ons nou ingelig is kom ons en erken ons dat U ons God is, dat ons die baie wat ons verkeerd doen, voor U kom neerlê en pleit vir vergifnis. Ons kom vra vanoggend na U wil want ons weet U is naby.

16 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Commentaires


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page