top of page

Waar kom geloof vandaan?


Van God as 'n gawe.


Die opskrif in die Boodskap is soos volg:


Wanneer jou pad God s’n kruis, is jy nie meer dieselfde nie


Ek sit vir julle die paar vers op die dagstukkie om te lees want toe ek dit gisteraand ontvang het daar trane oor my wange gerol.


Besef ek en jy hoe groot voorreg dit is om deur God so bederf te word. Dit is duidleik in die stukkie dat nie een van ons enige so iets verdien nie. Paulus het net 'n manier van hoe hy dinge sê.


Efesieërs 2 : 1-10

1. Dink weer ’n slag mooi na oor alles wat God vir julle gedoen het.

2. Julle was eers soos dooie mense as dit by God en sy dinge gekom het. Kyk net hoe lelik het julle geleef en hoeveel dinge het julle gedoen waarvan God net mooi niks gehou het nie. Dit was toe julle al agter die duiwel, die leier van die onsigbare geeste, aangeloop en presies gedoen het wat hy van julle gevra het. Daardie selfde ou duiwel is nog steeds bedrywig onder die mense wat nie luister na wat God vra nie.

3. Dit is eintlik maar die storie van ons almal se lewens. Eers het ons almal agter die sonde aangeloop. Wat ons gedink of gedoen het, was die ene sonde. As iets sonde was, was ons daar om dit te doen. Ons het dieselfde menslike geaardheid as al die ander gehad: ons het net in die sonde belanggestel. En vir iemand wat so is, wag daar net een ding: die ewige straf van God.

4. Maar God het sake, en veral ons, nie so gelos nie. Hy het ons baie lief en Hy loop oor van goedheid. Toe ons nog in die sonde geleef het asof God nie eens bestaan nie, het God ons kom haal. Saam met Christus het Hy vir ons ’n nuwe lewe gegee. Ons kon weer voor begin.

Moenie dink dat dit is omdat julle so goed is nie.

5. Nee, omdat God so goed is, sonder dat julle iets daarvan verdien, is julle uit die kloue van die sonde gered. Julle is nou Jesus s’n, en wat Jesus s’n is, is julle s’n.

6. Saam met Jesus is ons, wat soos dooie mense nie eens van God geweet het nie, lewend gemaak. Saam met Christus Jesus sit ons ook nou op ’n spesiale plek by God in die hemel.

7. Niemand sal nou, of in die toekoms, ooit kan twyfel aan hoe goed God regtig is nie. Dit kan eintlik nie gemeet of ten volle beskryf word nie. Dit alles word vir ons saamgevat in die manier waarop God ons deur Christus Jesus gered het sonder dat ons dit enigsins verdien het.

8. Vra julle waarom julle nou juis gered is? Wel, dit is omdat God so goed is en julle Jesus so vertrou.

9. Dit is nie iets wat ons self reggekry het of kon doen nie: God het dit vir ons verniet gegee. Dit is nie iets waaroor enigeen van julle kan loop en spog nie, want dit is nie asof julle self daarvoor gewerk of dit verdien het nie.

10. Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef.


Kan jy jouself inleef in die drama wat hier afspeel. Ek sien myself omtrent in elke vers en is so dankbaar dat my pad met God gekruis het. Ek kan getuig dat jou pad nooit weer dieselfde sal wees nie. Die wonder daarvan is staan in vers 9 - God het dit vir ons verniet gegee. Wie kry vandag nog iets verniet?


Ek dink dat ons geensins genoeg krediet aan God gee vir dit wat ons verniet ontvang nie. Ons moet aan die wêreld dit verkondig. Dit is om soos gratis kospakkies te gaan uitdeel aan die behoeftiges, hulle storm nader want hulle is bang hulle kry nie iets nie. So moet dit wees as jy ander van die gratis geskenk wat jy gekry het vertel. Kom ons geen God die krediet wat Hom toekom.


Deel hierdie gedeelte met jou vriende en mense wat dalk nodig het om te weet dat hulle 'n gratis geskenk ontvang.

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page