top of page
Writer's pictureGeloof

Waar kom Geloof vandaan?

Van die Vader en die Seun.


Paulus kom en maak dit duidelik in Efesiërs 4: 4-5 met die woorde: Daar is net een liggam en net een Gees, soos daar net een hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net een God en Vader van almal; HY wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.


Lees gerus weer die verse. Besef ons dat deel is van God, Hy is in almal van ons. Hy leef in ons. Soos die bloed elke dag deur jou are vloei, so vloei God se liefde en genade ook deur ons.In vers 5 staan daar duidelik dat Hy in ons woon.


Geloof is dus reeds in jou. Hoor jy die stem van die Heilige Gees? Ons almal leef in 'n gejaagde, vinnige lewe met baie uitdagings en struikelblokke elke dag en nie elke dag is dieselfde nie.


Geloof is iets wat jy van God ontvang om tot sy voordeel te gebruik maar dit hou geweldige voordele vir my en jou in. Doen jouself die guns en raak stil by God en en sit en wag totdat jy die stem hoor. Dit mag dalk dae vat maar hou aan soek. Hoekom sê ek dit. Die antwoord lë in vers 7 - Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegeevolgens die matewaarin Christus die gawes uitgedeel het. Jy het dalk geloof as genade gawe ontvang.


Mag jy vandag wanneer jy stil raak jou genade gawe ontvang soos God dit uitgedeel het.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page