top of page
Writer's pictureGeloof

Waarom glo ek?


Ons almal ken die storie van Abraham wat die 3 mans sien staan het buite sy tent en na hulle toe gedraf het en voor hulle gebuig het. Hy het hulle gevra om hom 'n guns te bewys deur nie by sy tent verby te gaan nie. Hy gee opdrag daar 'n feesmaal voor berei moet word. 16kg se meel moes geknie word en roosterkoeke moes gebak word. Dit is ongeveer 250 roosterkoeke in vandag se terme. Abraham het ook na die beeste toe gedraf en 'n jong kalf gekies en vir die slaaf opdrag gegee om dit voor te berei. Die moeite wat Abraham gedoen het is alreeds 'n teken dat God deel van sy lewe was. Abraham het God vertrou met alles, hy het nie geglo om iets daaruit te kry nie. Hy was bereid om eerder te gee as om te ontvang.


Wie van ons sal op so 'n ouderdom nog kinders wil hê. Sara het gelag en gedink dat dit onmoontlik is omdat Abraham ook baie oud was. Die Here vra vir Abraham waarom Sara lag en self Abraham was in vertwyfeling want hy was bewus van sy ouderdom.


Gen 18:14 Is any thing too hard for the Lord? Die Here werk op wonderlike maniere. In die storie gebruik Hy vreemdelinge om die boodskap van Sara se swangerskap te bevestig. Die Here wil hê dat ons hom met alles wat ons het lief sal hê. Abraham is deur baie in die lewe en het God met alles vertrou. Hy het met totale oorgawe so gelewe en deur die 3 manne in sy tent in te nooi en 'n feesmaal voorteberei dien as bewys dat hy Goddelike liefde in hom gehad het. Abraham het vir die regte rede op God vertrou. God het dit so bepaal en hy aanvaar dit so. Ons lees in Deuternomium 6: 4-5 The Lord is our God, the Lord is one. [5] And you must love the Lord your God with all your heart, all your soul, and all your strength.


Wat is ons redes as ons tot God nader?

Het ons Hom lief met ons hele hart en siel?

Het ons Hom lief om iets daardeur te bereik of doen ons dit omdat ons regtig lief is vir Hom. Ek dink dit is 'n vraag wat ons onsself moet afvra. Doen self ondersoek!!


Dit gebeur baie dat wannner ons in "panic mode" in gaan ons van God verwag om wonderwerke te laat gebeur en as God dan nie gehoor gee nie, dan is ons afvallig en twyfel ons. Dan sal ons die vraag vra, hoekom hoor God ons nie?


Om totaal oorgelewer aan God te lewe is om te lewe soos dit in Markus 12:30 staan. Jy moet Hom liefhê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.


Matt 10:37 Luister, as jy voel dat jy liewer lojaal moet bly aan jou pa of ma as aan My, verdien jy My nie. Dieselfde geld vir jou seun of dogter of wie ook al. Ek moet altyd vir jou die belangrikste van almal wees. Ek moet die belangrikste in jou lewe wees. “Ja, alles gaan oor wie of wat vir jou die belangrikste is.


Wat is die belofte wat ons kry?

Iemand wat sy lewe die moeite werd probeer maak deur heeltyd agter mense aan te hardloop, sal agterkom dat hy die ware lewe heeltemal misloop. “Ons almal werk mos in een span saam. As een lid van die span punte aanteken, is dit tog die hele span se punte. So is dit ook met ons. As iemand julle met oop arms aanvaar en julle vriend wil wees, is hy eintlik my vriend ook. En as hy my vriend is, is hy eintlik ook die vriend van my Vader wat My na julle toe gestuur het. As iemand bereid is om na die boodskapper van God te luister, sal hy mos God ook met hom hoor praat. Maak dus vriende met mense wat reg lewe, net soos julle. Julle wil tog graag doen wat God wil hê. God sal vir julle goed wees. “Luister mooi. Weet julle wie kan seker wees van sy plek by God in die hemel? Kom Ek sê vir julle: sê nou ’n vriend van My is dors. Ek praat nou van ’n vriend van My aan wie niemand hulle eintlik steur nie omdat hy arm is en geen aansien het nie. Iemand sien hy is dors en stap nader met ’n beker koue water in sy hand. Hy gee dit vir my vriend. Saam met die beker water gee hy ook sy vriendskap vir hierdie onbelangrike man. As die dors man vra: ‘Waarom doen jy dit?’ antwoord die ander man: ‘Omdat jy Jesus se vriend is.’ Wel, vir so iemand sal God ook sorg.” So het Jesus sy dissipels voorberei vir wat op hulle wag. Daarna is Jesus na die omliggende dorpies toe om die mense verder van God te vertel. ' Matteus 10:38,40-42


18 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page