top of page

Wanneer gebid moet word - In tye van nood - Hongersnood





Klik op die skakel om te lees:

2 Kon 6 : Hongersnood is Samaria - https://bit.ly/36AdIRX -


Hierdie verhaal is vir senitiewe lesers nie. Dit is die verhaal waar koning Ben-Hadad van Aram, Samaria beleër het om beheer oor te neem. Dit het veroorsaak dat daar hongersnood in Samaria gekom het. ’n Kop van ’n donkie het byna ’n kilogram silver gekos. Dit was ’n klomp geld om jou vervoermiddel se kop te verkoop of self moet eet.

Dit raak net erger as die koning op die stadsmuur loop en hy hoor hoe ’n vrou na hom roep en haar moeilikheid met hom deel. ’n Vrou het aan haar voorgestel dat hulle haar kind vandag kook en eet en dan kan hulle môre haar kind kook en eet. Die tweede vrou het toe haar kind weggesteek.


Jy moet baie honger wees as jy tot so iets in staat is. Dis dramaties om te hoor hoe erg die omstandigehede was en hoe groot die hongersnood regtig was.


2 KON 6:28,29

Toe die koning vir haar vra wat haar moeilikheid is, antwoord sy: “Hierdie vrou het aan my voorgestel:” Gee jou kind dat ons hom vandag eet, dan kan ons môre my kind eet. Ons het toe my kind gekook en geëet maar toe ek vir haar die volgende dag sê: Gee jou kind dat ons hom eet, het sy haar kind weggesteek.


Die koning het God geblameer vir die toestand waarin die land was en was baie onsteld daaroor. Die nood het die mense hulle basiese menslikheid laat verloor en die koning sy Godsberip. Hy het besluit om Elisa aanspreeklik te hou maar Elisa was voorbereid gewees.


Dis wanneer ’n mens in die nood is dat die kwaliteit van jou geloof eintlik navore kom. Tye van nood is geen geleentheid om sondebokke te soek nie, maar vir verootmoediging en vetroue in God.


As ek kyk wat in die nuus gebeur, hoe vraglorries geplunder word, hoe die mense op sosiale media vra om kos en hulp, dink ek ons is ook dalk in ’n tyd van hongersnood. Ek dink dit is baie moontlik dat wreedagtige dinge daar buite gebeur. Almal beskuldig iemand anders en het sy/haar eie opinie oor alles soos hy/sy dit sien.


Dit kan ook dalk die geestlike honger in jou wees wat maak dat jy dinge doen wat jy nooit sou doen nie. Die angs, vrees en benoudheid wat jy in jou voel oor die die toekoms, jou finansies, die feit dat jy sonder werk sit, jou huwelik dalk op die rotse is. Soms tree ’n mens op sonder om te dink en wil almal rondom jou blameer soos die koning vir Elisa blamer het. Dit is tyd dat ons innelik selfondersoek moet doen besef dat die probleem begin by ons en ons sal sleg as oorwinnaars uitree as ons God aan ons kant het in die oorlog wat ons voer.


Dit is in tye soos die dat ons geloof in God navore moet kom. Ons moet ons vertroue in Hom stel. Dit klink baie moeilik maar kan net bereik word wanneer daar ’n diepe intieme verhouding met God is. Wanneer die Heilige Gees jou naby aan Jesus Christus hou en die Heilige Gees jou innerlik sal versterk en die krag sal gee en jou geestesoë sal open om die pad vir jou aan te wys. Dis menslik om verskillike goed te doen maar die Goddelik om na God te luister. Ons moet kies, dis óf die een óf die ander.


Watter keuse maak jy?


Gebed

Here ons kom en dank U dat ons weer kan besef dat die oorlog waarin ons is, is nie ’n fisiese oorlog nie, maar ’n oorlog binne ons. Ons vra dat U ons geestes oë sal open om U aan die voorpunt van die geveg te sien. U is hier om die geveg vir ons te veg, die beste moontlike wapenrusting te gee en ons deur die geveg te dra. Ons kyk op na U want U is ons leier en weet wat die beste pad is.

Help ons om U te volg en U opdragte uit te voer om die oorlog te wen. Met U as leier, as mentor, as oorlogskenner kan ons verseker weet dat die oorwinning reeds behaal is.

Amen

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page