top of page

Wanneer is jy gelukkig?

Eendag vra die een vriend vir die ander: Hoe is dit moontlik dat jy altyd so gelukkig is?

Jy het soveel energie, en ek het jou nog nooit af of moeg gesien nie.. '

Met 'n glimlag in sy oë sê hy,



' Ek ken die geheim! '

' Wat se geheim is dit? '

Hy antwoord: Ek sal jou alles van die geheim vertel, maar jy moet my belowe, dat jy die geheim met almal sal deel. '





' Die geheim is dat:

Ek het geleer dat daar min is in my lewe wat ek kan doen om myself werklik gelukkig te maak. Ek moet op God vertrou om my gelukkig te maak en te voorsien in my behoeftes.

Wanneer 'n behoefte in my lewe ontstaan, moet ek op God vertrou om dit te voorsien

Ooreenkomstig Sy besluit.

Ek het geleer dat meeste van die tyd ek nie die helfte nodig van dit wat ek wil hê nie. Hy het my nog nooit teleurgestel nie. Vandat ek hierdie geheim geleer het is ek gelukkig.' Die vriend se eerste gedagte was.

'Dit is te simpel en eenvoudig! '

Maar nadat hy sy eie lewe oordink het, besef hy, hy het gedink 'n groter huis sal hom gelukkiger maak, maar nee, dit het nie! 'n Meer betalende werk sal hom gelukkiger maak, maar dit het nie.

Wanneer? het hy besef, was hy op sy gelukkigste.

Toe hy saam met sy kinders op die mat gesit het, speletjies gespeel het, saam pizza geëet en vir hulle 'n storie gelees het.

'n Geskenk van God.

Nou weet jy dit ook!

Mens kan nie op mense vertrou om jou gelukkig te maak nie ook nie op aardse dinge nie.

GOD en Sy wysheid alleen kan dit doen.

Vertrou op Hom!

Nou het ek die geheim na jou toe aangestuur!

So nou moet jy besluit wat jy daarmee gaan doen?

Dat God in Sy wysheid altyd na jou sal omsien!


(aangestuur via Whatsapp op die Geloof Whatsapp groep)

9 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page