Ons weet almal dat Paulus 'n besondere man van God was. Geestelik moes hy baie sterk gewees het om deur al die vervolgings en beproewings te moes gaan. Dit het ter slot van sake vir hom 3 dae van blindheid gevat om die Here te vind. God het hom 'n besondere wyse geestelik aangeraak en dit is seker die rede hoekom sy lewe so radikaal verander het. Ten spyte van alles wat hy ontvang het, deur gemaak het en sy uitkyk op die lewe, het hy nederig gebly al het dit swaar gegaan met hom. Paulus skryf in Galasiërs 4:13 aan die Galasiërs. "You remember why I preached the gospel to you for the first time. I was because I was ill.
Paulus was siek maar het spyte van sy siekte nogsteeds die Naam van die Here verkondig. Paulus praat van 'n doring in sy vlees in [7] selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Die doring in die vlees is vir hom gegee deur Satan en jy kan hoor dat hy 'n geveg daarmee het (om my met die vuiste te slaan).
Paulus bid tot die Here, drie maal, en die Here se antwoord was [8] "My genade is vir jou genoeg"
Bid ons nie ook baie keer en vra dat die Here ons omstandighede te moet verander nie, ons siekte te verwyder nie, om ons finansies reg te ruk nie. Hoor wat die Here vir Paulus sê "my genade is vir jou genoeg". Maak nie saak hoeveel keer die duiwel ons deur situasie vat, waar jy ook met jou vuiste wil baklei, moet ons soos Paulus daarin roem omdat God se genade genoeg is. God sê vir Paulus, My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Hoor mooi, God se krag kom tot volle werking, nie halfpad of gedeeltelik nie, volle werking.
Ons moet dus baie bly wees wanneer die duiwel ons aanval, want dan sal ons die genade van God ontvang om deur die ontberings, beproewings, vervolgings, moeilikhede en beledigings te kan kom en daarin kan roem.
Die duiwel is lustig en soek plek om ons van die spoor te bring en wanneer hy sie dat dit nie werk nie, sal hy nie kan staan teen die genade van God nie. God het hom reeds oorwin en sal altyd dit doen. Ons moet besef dat ons' baie belangrik vir God is en dat Hy maak nie saak waardeur jy gaan nie, altyd eerste sal stel.
Ek besef nou weer hoeveel God regtig vir ons omgee. Die Here is by magte om jou uit jou onteberings, beproewings, vervolging ensovoort te vat maar dit gaan die duiwel net weer toelaat om van voor af jou weer te toets. Die duiwel staan nie 'n kans teen die genade van God nie. Ons moet sterk staan in die ontbering want dan gaan hy sien, nie die een nie. Kom ek gaan soek iemand ander om aan te val. Ons moet doen wat Paulus gedoen het, sterk gestaan deur die ontbering en vas bly glo in God, en weet jy wat, Paulus het gewen. Die duiwel het die geveg verloor.
Wat is jou "claim to fame"/ waarop roem jy?
Hoor wat sê Paulus in Galasiërs 4: 8 Daar was 'n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode. Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees?
Paulus smeek die Galasiërs in [12} Word soos ek. Dit is wat Jesus vir ons kom sê, "word soos Ek". En in [15] Wat het van julle blydskap geword? Dit is 'n vraag wat ek en jy self moet antwoord. Hoekom het jy nie blydskap nie?
Soos Paulus besorg was oor die Galasiërs so is Jesus ook oor ons besorg oor ons. Kom ons maak soos Paulus en berus in God, roem in ons swakheid en weet dat GOD SE GENADE IS GENOEG.
Net sy genade is genoeg om die duiwel lam te lê.
Comentários