top of page

Wanneer moet ons bid - In tye van nood

WANNEER GEBID MOET WORD

In tye van nood

Deel 4:3

2 Kon 6:8-23

Klik op die skakel om te lees: https://bit.ly/2LY1ZmT


Dit is die aangrypende storie van die man van God Elisa wat die koning van Israel gehelp het met die oorlog teen die Arameërs. Elisa het heeltyd die koning van Israel gehelp en gewaarsku wat die koning van die Arameërs gaan doen.


2 KON 6:9

Die man van God het aan die koning van Israel die volgende boodskap gestuur: ‘Pasop dat u nie na daardie plek toe optrek ie, want die Ararmeërs trek soontoe op.”

Elisa was dus bewys wat die Arameërs doen omdat God met hom was en hom die wysheid gegee het. Ons het vandag die Heilige Gees wat ons lei en ons help. Die koning van Israel het geluister na wat Elisa sê en gevolglik het alles uitgewerk soos God dit wou hê.

In 2 Kon 6:10 lees ons dat die koning keer op keer voorbereid was op wat kom en dat die koning van die Arameërs vir Elisa gevange wil neem.


2 Kon 6: 15-17

Die more voeg het die slaaf van die man van God opgestaan en toe hy uitgaan, sien hy ’n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag , Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, wat gaan ons nou maak?.


Hy het hom geantwoord: “ Moenie bang wees nie, diè wat by ons is, is meer was wat hulle is.” Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.”

Ons moet ook bid dat die Here ons oë sal oopmaak om on ins situasie, problem en self oorlag waarin jy veg sal oopmaak. So maak Jesus vir ons voorspraak by die Vader en bring Hy dit onder ons aandag om ons oë ook oop te maak deur die Heilige Gees en kom sê vir ons;


2 Kron. 32: 7-8

Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie.


By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg. Die manskappe was bemoedig deur die woorde van koning Hiskia van Juda.

Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrif vir dit wat jy deurgaan nie, moenie bang wees om die probleem aan te vat nie, moenie bekommerd wees of jy die regte ding doen nie. God is by ons en Hy sal ons help in die oorlog wat ons binne onsself voer. Ons moet ook bemoedig word met die voorspraak wat Jesus vir ons doen by die Vader.

Gebed

Alamagtige God, ons kom voor U en kom berus voor u en kom sê dankie vir U liefde en Geduld met ons. Open ons oë om nie ons eie self en ons probleme vas te kyk nie, maar U in alles te sien. Laat ons soos Elisa se slaaf die wegsien wat U vir ons bepaal het.

Ons dank U dat U vir ons kom sê, moenie bang wees nie, wees dapper en sterk.

Amen

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page