top of page
Writer's pictureGeloof

Wat beteken dit om gelowig te bid?

Dit is nou iets wat die Here my op die hart kom lê het?


Hoe bid 'n mens gelowig?

Nou kom 'n paar dae gelde se vers op Jak 5:15 - As hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring, die Here sal hom gesond maak.

Om gelowig te bid beteken dat ons God moet toelaat om te laat gebeur wat Hy wil hê wat moet gebeur sonder dat ons inmeng. Ons vetroue moet groot genoeg wees om God toe te laat om sy wil te laat gebeur. Dit is nie geloof wat genees nie, of verandering bring nie, maar dit is God wat alles verander soos Hy wil.


Elia is 'n baie goeie voorbeeld. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie en dit het nie, want God het dit so bepaal en toe hy weer bid vir reën het dit gereën. Hoekom sal ek en jy nou in God twyfel. Jakobus stel dit baie mooi in Jakobus 5 vers 16, die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.


Elia het in 1 Konings 18:21 voor die hele volk gaan staan en die volgend gese: Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is volg Hom; maar as dit Baal is, volg hom.


Lees gerus 2 Konings 2 die aangrypende verhaal hoe Elia in die Hemel opgeneem is.

Wat maak Elia so spesiaal?

Dit het vir Elia alles gegaan oor die verhouding tussen hom en God. Elia is bekend vir sy geloof in God, hy het gebid dat dit nie moet reën nie en dit het nie gereën nie en toe hy weer bid het dit gereën en die lande het hulle oes opgelewer. Nadat hy die droogte aangekondig het was hy op die "all wanted" lys. Hulle wil hom dood maak en hy moes gaan wegkruip. So was hy gelowig aan God en gegaan weerheen God hom stuur. Ons lees self dat hy God so vertrou het dat kraaie vir hom brood en vleis gebring het. So gee God weer vir opdrag om te gaan na Sarfat en daar het die Here vir 'n weduwee opdrag gegee om vir hom te sorg. Die weduwee het nie baie gehad nie wat bevestig word met die woorde in 1 Konings 17:12. Sy gaan nou vir haar en haar seun die laaste bietjie kos maak dan kan hulle maar doodgaan.


Elia se geloof was so groot dat hy God vertrou het en sê vir die vrou vers 14 - So sê die Here die God van Israel: die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie. Ek is oortuig dat hy gebid het en dat God met hom gepraat het en hy geweet het dit sal gebeur.


Wanneer ons bid moet ons gelowig glo dat God na ons luister en dat Hy sal antwoord as dit binne sy plan is. Ons moet nie dink as ons nie antwoord kry nie, dat God nie luister nie, Hy is besig om die plan wat Hy het verder te volmaak of om die pad vir jou voorberei soos Hy vir die kraaie opdrag gegee het om brood en vleis vir Elia te bring.


In vers 21 bid Elia tot God om die seun van die weduwee wat dood is weer lewendig te maak. Elia het drie keer op die kind gelê en gebid en God het die kind weer lewendig gemaak.


Wanneer jy jouself gekry het om gelowig te bid sal dit nie belangrik wees wanneer jou gebede verhoor word nie want jy weet dit sal gebeur met beter resultate.


My gebed vir elkeen is dat God jou sal help om gelowig te bid, rus te vind in God en te berus met wat gebeur. Ons weet dat God altyd by ons is en ons nooit sal swakker afwees as wat ons was nie.


Here gee vir elkeen die genade gawe om gelowig tot U te nader en U te vertrou.



24 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page