Wat gebeur in jou tente?
2 Kor. 5 – Lees dit raag
Paulus begin hierdie hoofstuk op ’n baie snaakse manier met die woorde in vers 1 – Wanneer ons liggaam eendag soos ’n tent opgevou word en in die grond weggebere word, is dit nie klaar met ons nie.
Dit is baie vreemd dat hy die liggaam met ’n tent vergelyk. So kom die Heilige Gees en deel met my die volgende.
Waarvoor word ’n tent gebruik?
‘n Tent is daar om beskutting te bied vir die wat daaronder sit. Te beskerm teen wind en weer. Om ’n veilige hawe te bied in tye van nood. In vandag se tye word tente gebruik by feeste, by groot byeekomstes, in gemeentes wat nie ’n vaste gebou besit nie. Dit is dus ’n plek waar mense bymekaarkom, lag en gesels en selfs aanbid.
’n Tent bestaan ook uit baie dele, die pale wat die tent ophou en jy kry ook baie verskillende lengtes, die tent self, die anker toue wat die seil anker, kant seile wat keer dat die wind en reën buite bly en dan die ankerpenne. Elkeen van die items vervul ’n baie belangrikke rol in die tent se bestaan. As daar een pen nie op die regte plek ingeslaan is nie, bestaan die risiko dat dit in mekaar sal val. Die ankerpenn word baie diep in die grond ingeslaan. Ek het al gesien hoe tente opgelaan word. Daar staan so 3 tot 4 manne rondom die pen en slaan dit ritmies in die grond in, selfs 3 meter. Dit vat nie lank dan is die pen ingeslaan.
Die Heilige Gees is die pen in ons lewens. Wanneer die Heilige Gees diep in jou hart ingeslaan is, sal die tent bly staan. Die Heilige Gees sal ook dinge in jou lewe laat gebeur wat ritmies ingeslaan word om jou geanker te hou in God. Paulus beklemtoon dit in vers 5 – God is besig om ons gereed te maak vir hierdie nuwe lewe wat op ons wag. Om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom, het Hy sy Gees aan ons gegee. Die Heilige Gees is die waarborg dat God sy word sal hou. Vra jouself die vraag af, hoe diep is jou ankerpenne ingeslaan?
Die toue wat die penne en die tent verbind, is God se woord. Hoe stuiwer die toue gespan is hoe moeilker sal die tent omval. As God se woord stuiwer en stuiwer gespan word kan niks gebeur nie. Soms raak die tou pap en span nie meer so lekker nie en dit is duidelik sigbaar in die seil van die tent. Dit gaan begin rondbeweeg in die wind en storms. Die tou gaan of breek of die tent gaan skeur en die eienaar sal die tou stuiwer moet trek. God wat die tent is, sal daardie tou weer stuif trek om skade te vermy.
Alles wat in die tent van God gebeur is tot sy eer en hy sal alles seën wat daarin gebeur. Of dit ’n fees is, gemeente byeenkoms of self net ’n vakansie, dit sal deur God geseën word omdat die ander belangrike hulpmiddels, die toue en penne, goed geanker is.
Om die mense binne die tent te beskerm is daar kantseile nodig om dit toe te maak en lekker warm te hou op ’n rëenerige dag te maak. Die kantseile is die mense rondom jou. Hulle moet goed ingehak wees op die regte plek in jou lewe. Seker kantseile wat vensters in het, wat bydra dat nauutlike lig in die tente te laat word. Dit is die mense wat saam met jou aan God se feesmaal sit wat in die tent bedien word, bybelstudie groepe, gemeentelede, vriende en kollegas by die werk. Sonder hierdie vriende sal dit baie donker wees in die tent. Daardie vriende is vriende wat jou deur moeilke tye dra, ondersteun en lief is vir jou en wat help om die toue wees styf te trek of om dalk die pen wat uitgetrek het weer terug te sit.
Die belangrikste natuurlik is die tent self. Dit is God. Hy bied die beskerming teen al die aanslae en soos Pualus se, stampe en stote. As die fees ’n groot sukses was, sal daar altyd onthou word waar die tent gestaan het, hoe lekker dit was en wie almal daar was.
God wil hê ons moet in sy tent kom vergader, feesvier en die lewe geniet. Ons moet vergeet wat daar buite die tent gebeur. Ons moet mekaar aanvul as die tou los is of die kantseil afgewaai het. Al hoe ons dit gaan kan doen, is om te vertrou dat al vier ankers in die tent, die tent, tou en pen, is reg opgeslaan.
Ek is oortuig dat God vir jou sal help om die tent wat jy is, regop te laat staan met al die ankerpunte by jou. Hy sal ook wys waar die tent opgelslaan moet word of dalk geskuif moet word. Die tent, God se glorie, sal nie bly staan of tot sy regkom as al die rolspelers, die Heilge Gees, die woord van God, die mense rondom jou en God self as ’n eenheid bymekaarkom nie.
Is jou tent geanker en die toue styf, het jy goenoeg kantseile om die tent veilig te maak?
Wat gebeur in jou veilige tent? Is dit ‘’n fees, byeenkoms of staan jou tent leeg.
Comments